Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Betogers sak toe op Kiks waar WEF gehou word

Duisende betogers wat vroeër Woensdagoggend by die parlement in Kaapstad byeengekom het, het omstreeks 11:00 op die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) toegesak waar die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) tans gehou word.

Kort voor middagete het hulle probeer om die veiligheidsversperrings langs die konferensiesentrum oop te ruk om toegang te verkry, maar die polisie het weerstand gebied.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër Woensdagoggend die Forum geopen.

Sommige van die betogers was lede van die #AmINext-groep wat hul woede uitgespreek het oor geweld teen vroue en kinders. Ander het oor die onlangse xenofobiese aanvalle in verskeie dele van die land betoog. Die betogers het daarop aangedring dat die leiers uitkom en hulle toespreek.

betoging, CTICC
Die duisende betogers Woensdagoggend by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. Foto: Zigi Ekron

Vroeër by die parlementsgebou het sowat 2 000 mense vreedsaam betoog deur plakkate rond te swaai en te sing, terwyl hulle gewag het vir lede van die parlement om hulle toe te spreek.

betoog
Betogers beweeg na die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum. Foto: Jaco Marais

Toe Bheki Cele, polisieminister, die skare wou toespreek, is hy uitgejou. 

Thandi Modise, Speaker van die parlement, het gesê die minimum vonnis (vir moord) moet lewenslank wees. Sommige mense in die skare was bly hieroor, terwyl ander volgehou het die doodstraf moet teruggebring word.

Susan Levine, medeprofessor aan die Universiteit van Kaapstad (UK), sê sy het studente en personeel vandag kom ondersteun.

"Ons staan op teen geweld in alle vorme en spesiaal vir Nene. Ons staan in solidariteit met haar familie. Ons is hier om druk op die regering te plaas."

betoging, parlement
Die duisende betogers voor die parlementsgebou. Foto: Jaco Marais

Sy het verwys na die 19-jarige student, Uyinene Mrwetyana, wat alombekend was as Nene, wat verlede Vrydag in 'n poskantoor in Claremont, Kaapstad, verkrag en vermoor is.

'n Betoger, Zulfah Joubert van Athlone, sê die doodstraf moet teruggebring word.

"Ons wil hê dat iets gedoen moet word oor die saak. Ons kan volgende wees. Ons het kinders, ons het vroue in ons lewe. Ons is vrou," sê sy.

betoog
'n Plakkaat van een van die betogers. Foto: Jaco Marais

Nonkosi Foni stem saam en sê die saak raak almal. 

"Die hoofrede hoekom ons hier is, is omdat ons wil hê die regering moet iets doen. Asseblief, hy moet iets doen," sê sy.

'n Gedenkdiens word omstreeks 12:00 vir Mrwetyana by die UK se kampus gehou.

Meer oor:  #Aminext  |  Kaapstad  |  Geweld Teen Vroue  |  Wef  |  Uyinene Mrwetyana  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.