'n Geweldig ontploffing het Vrydag net ná 07:00 in die Engen-raffinadery in Durban voorgekom.
Nooddienste het pas op die toneel aangekom.
Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het op pad na die ontploffing gesê 'n groot wolk kan bo die raffinadery in Wentworth gesien word .
“Die ontploffing kon ver gevoel word," het Garrith Jamieson van die private ambulansdiens Rescue Care gesê.
Alle nooddienste is na die toneel ontbied.
Daar is nog geen inligting oor beserings of sterftes nie.
Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.