Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Eekhoring en kat lief vir lepellê

’n Jong grond-eekhoring van die Vrystaat wat nie by sy eie spesie in die natuur kon aanpas nie, vind nou groot aanklank by huisdiere. Veral by ’n sekere gemmerkatjie met wie hy graag lepellê.

Douglas is gereeld knus in Klein Krummel se arms te sien en snags slaap hy in sy nessie wat hy in die klerekas uit enigiets van ’n kous tot kombers en gras vir homself gebou het.

Dié diertjie is sedert Desember deel van Miekie Wiese van Tonder, wildbewaarder by die Zanchieta Wild Cat Farm buite Bloemfontein, se lewe.

Wiese van Tonder, wat in Bloemfontein woon, sê Douglas was iemand se troeteldier wat by ’n natuurreservaat afgelaai is.

Zanchieta het hom ingeneem, omdat hy nie daar in die natuur kon aanpas nie. Maar hier het hy ook gesukkel.

By Zanchieta is daar baie van sy soort wat vryelik op die plaas beweeg.

“Ons het gesien hy kom glad nie met sy eie soort oor die weg nie.

Douglas en sy geliefde maat, Klein Krummel die kat.

“Hy sukkel om ’n slaapplekkie of ’n nessie te kry. Ons het ook nie regtig ’n kamp vir hom nie, omdat hulle familiediere is.

“Omdat hy so afgeknou word, het hy nou maar begin om elke aand saam met my huis toe te ry. Hy weet nie hy hoort buite nie,” sê Wiese van Tonder.

Douglas gaan nou elke aand saam na die Wiese van Tonder-huishouding en elke oggend terug na Zanchieta.

Sy sê hy is baie geheg aan mense.

En as hy by die huis kom, soek hy “sy” katte, Klein Krummel en Monday. Daar is nog drie ander katte, maar dié twee is sy maats. Xena die varkhond is ook sy pel.

“Hulle speel saam, hulle bad mekaar, hulle eet saam. Die katte is ook nou al vegetaries, hulle eet sy kos en hy hulle s’n,” vertel sy oor die band tussen Douglas en die twee katte.

Met hom in die huis is daar nooit ’n vervelige oomblik nie, sê sy.

Dit is vir haar wonderlik om te sien hoe al die verskillende spesies in die huis oor die weg kom.

Hy laat haar en haar eggenoot, Bianca, elke dag glimlag.

“En as hy daagliks op die plaas kom, weet hy dat hy nou in ’n ander gebied is en anders moet optree. As hy stil raak, moet ’n mens worry, dan jaag hy net nonsens aan.”

Miekie Wiese van Tonder is baie erg oor Douglas.

Hy is ook baie lief vir vreemde mense se vingers, skerts sy.

Hy eet onder meer grassade, neute en gras, asook ’n mengsel voëlkos wat gedroogde vrugte bevat. Sy gunsteling-eetding is avokado.

Die eekhoring is ongelooflik mak.

“Dis hoe dit gaan. Mense kry hierdie diertjies om hulle as troeteldiere aan te hou. En as hy begin byterig raak of moeilikheid maak, word dit by die eerste reservaat afgelaai.

“Ek het ge-score, want hy is eintlik flippen oulik en my katte en varkhond geniet hom.”

Meer oor:  Douglas  |  Bloemfontein  |  Kat  |  Eekhoring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.