Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Fotojoernalis praat 1ste keer ná terugkeer uit Sirië

Die Suid-Afrikaanse fotojoernalis Shiraaz Mohamed het die eerste keer gepraat sedert sy tuiskoms.

Hy het Suid-Afrikaners bedank vir hul ondersteuning van hom en sy familie terwyl hy byna drie jaar in Sirië gevange gehou is. Mohamed het vroeg in Januarie teruggekeer nadat hy in Januarie 2017 in Sirië ontvoer is terwyl hy die impak van die oorlog op burgerlikes in Sirië wou dokumenteer.

Mohamed en sy ma, Shireen, het almal, ook die regering en pres. Cyril Ramaphosa, bedank vir hul bystand om sy veilige vrylating te verseker.

“Daar is te veel mense om te bedank, te veel name om te noem,” het Mohamed gesê.

“Dankie aan almal wat my familie bygestaan het en almal wat ’n rol gespeel het in my vrylating . . . dis goed om terug te wees in die land, en by my familie.”

Hy het gevra vir tyd om sy kragte te herwin, en bygevoeg hy sal spoedig aankondig wanneer hy ’n mediakonferensie sal hou. Mohamed se familie het vir byna drie jaar hulp van die publiek gevra om geld in te samel om sy vryheid te verseker.

Mohamed het volgens die humanitêre organisasie Gift of the Givers van sy ontvoerders ontsnap. Volgens dr. Imtiaz Sooliman van dié organisasie het iemand aan hom (Sooliman) vertel Mohamed was by Turkse amptenare, en dat hulle later twee foto’s gestuur het om te bewys hy leef en is veilig.

Die Suid-Afrikaanse fotojoernalis Shiraaz Mohamed. Foto: Facebook

Meer oor:  Shiraaz Mohamed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.