Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Francois se dogter ook ‘Van Coke’
Francois, Lauren, en Alex Lila Badenhorst. Foto: Facebook/FrancoisVanCoke

Sy is maar twee en ’n half jaar oud, maar Francois van Coke se dogter, Alex Lila, weet sy het twee vanne.

In ’n skattige video wat Van Coke se vrou, Lauren, op Instagram geplaas het, vra Alex Lila se ma en pa vir haar wat haar van is.

Eers sê sy: “Badenhorst”. Dan word sy gevra wat haar “ander” van is: “Coke” antwoord sy.

Van Coke sê dit is weens die NG Kerk dat hy sy regte van, Badenhorst, vir Van Coke verruil het.

Hy het onlangs ’n tatoe van ’n NG kerk gekry en gesê dat die NG Kerk ’n groot invloed op sy lewe gehad het.

“Ek het in die pastorie grootgeword,” sê hy op Facebook. Toe Fokofpolisiekar se eerste kortspeler-CD uitgekom het, het ’n resensie daarvan in Die Burger verskyn. Die resensie was positief en is saam met ’n foto van die lede van Fokofpolisiekar gepubliseer. Die groep se name was in die foto se onderskrif.

Alex Lila se hande wys dat sy reeds rock ’n roll ken. Foto: Instagram/FrancoisvanCoke
Die Van Coke gesin: Lauren, Francois, en Alex Lila. Foto: Facebook/FrancoisvanCoke
Francois van Coke se tatoe van ’n NG kerk. Foto: Facebook/FrancoisvanCoke

“My ouers is oorval met oproepe van gemeentelede wat bevraagteken het dat ek in ’n groep met die naam Fokofpolisiekar is. Daarna het my ma my gevra om nie my regte van te gebruik wanneer ek onderhoude toestaan nie. In die volgende onderhoud het ek na myself as Francois van Coke verwys en die naam het gebly.”

Van Coke is in 2012 met Lauren, wat toe al vir 10 jaar sy meisie was, getroud.

Hul eersteling, Alex Lila, is in November 2016 gebore.

Wat is jou van? #alexlila #vancoke #badenhorst??

A post shared by Lauren Badenhorst (@laliewild) on


Meer oor:  Francois Van Coke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.