Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Fransman gooi Afrikaans alte gesellig
Sébastien Grall van Dijon in Frankryk. Foto: Skermgreep

’n Student van Frankryk aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het in net 13 weke só goed Afrikaans leer praat dat mense nie wil glo dat hy ’n Fransman is nie.

Sébastien Grall van Dijon in Frankryk, wat politieke wetenskap aan Kovsies studeer, het die beginnerskursus van Gesellig Afrikaans aan die UV voltooi en wil nou volgende jaar Gesellig Afrikaans 2 doen.

“Toe ’n Franse student, wat vroeër aan die UV studeer het en wat vir Sébastien ken, hoor hy is ook op pad na Kovsies, het hy vir Sébastien gesê ‘sorg dat jy by daardie kursus uitkom’. Dié twee gesels nou aanlyn met mekaar in Afrikaans,” het Ida Meiring, fasiliteerder van Gesellig Afrikaans 1 gesê.”

Volgens Meiring het Grall hard gewerk om die taal baas te raak sedert hy in die derde semester in Julie hier aangeland het. “Dis nie die maklikste taal om aan te leer nie. Die feit dat hy in ’n Afrikaanse leefwêreld is en dat baie van sy koshuismaats in Vishuis Afrikaanssprekend is, het ook gehelp. Hy wou die taal leer praat om hulle te kon verstaan.”

Grall reis tans deur die vasteland en kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.

Prof. Gerhard van Huyssteen, uitvoerende direkteur van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, en prof. Angelique van Niekerk, akademiese voog van Gesellig Afrikaans op die bekendstelling van dié aanlyn kursus.Foto: Ruan Bruwer

Volgens prof. Angelique van Niekerk, akademiese voog van die kursus, is daar ’n behoefte onder internasionale besoekende studente en buitelandse besoekende dosente en navorsers om ook Afrikaans magtig te wees.

“Ons kry veral studente van Nederland, België, Duitsland, Frankryk, Pole, Lesotho, Zimbabwe en enkeles uit die Ooste wat die kursus doen. Op kampus skryf ons jaarliks per semester gemiddeld 15 studente in.”

Die kursus bestaan reeds 15 jaar en vanaf volgende jaar kan mense Afrikaans ook aanlyn leer praat, wat ’n eerste is.

Aanlyn duur die kortleerprogram 20 weke en op kampus 13 weke. Die Virtuele Instituut vir Afrikaans is ’n vennoot in die aanlyn kursus.

Die onderrigmedium is Engels en alle inligting en toeligting geskied in Afrikaans en Engels.

Ondersteuningsmateriaal soos Afrikaanse rolprente, musiek, uitspraakriglyne en deurlopende selfstudie-assessering maak deel van die kursusmateriaal uit.

* Besoek gesellig-afrikaans.org.

Kyk en luister hier na die Fransman Sébastien Grall se Afrikaans:

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.