Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Gure weer keer nie die ‘Comrades in Centurion’
Bennie Roux was vol moed op 75 km. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Ná ses stelle droë klere, vier pare tekkies en ’n bietjie meer as 10 ure het Bennie Roux Saterdag die afstand van die Comrades in sy erf gehardloop.

Nie eens die stormreën kon Roux keer toe hy omstreeks 06:30 by sy huis in Centurion wegspring vir die roete van 90 km nie.

Hy sou aanvanklik 04:00 wegspring, “maar dit was koud, donker en dit het gereën. En ek kan net twee van daai drie hanteer.”

Toe die eerste ligstrale deurbreek, het hy met sy eerste rondte van 250 m begin.

Roux, ’n gesoute marathonatleet, het die wedloop ten bate van die Con Amore Skool in Kempton Park aangepak.

Borge het hom genader nadat hy op 27 Maart 42 km by sy huis voltooi het.

Met Saterdag se wedloop om sy huis het Roux R300 per kilometer, en uiteindelik R27 000, vir die skool ingesamel.

Die Roux-gesin: Hugo, Isabel, Sion, Bennie en Ruben. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Sy vrou, Isabel, het 5 km saam met hom gedraf en deurentyd vir hom eet- en drinkgoed aangedra.

Roux, wat al 11 keer die Comrades voltooi het, sê hy sal beslis nie weer dié uitdaging by sy huis aanpak nie.

“Die ergste was die reën en die draaie om die huis het my spoed gebreek,” sê Roux.

Hy sal jok as hy sê hy het nie daaraan gedink om dit uit te stel nie, sê Roux, “maar ek het toe reeds vir soveel mense gesê dat ek nie eintlik meer kon kop uittrek nie.”

Hy en sy broer Hendrik kon darem hul Comrades-tradisie behou.

My broer bly in Cowley Hill en elke keer as ek die Comrades hardloop, dan drink ek en hy ’n bier saam by die 70 km-merk,

“My broer bly in Cowley Hill en elke keer as ek die Comrades hardloop, dan drink ek en hy ’n bier saam by die 70 km-merk,” sê Roux.

Die keer moes die bier plek maak vir ’n brandewyn en ouboet wat met ’n selfoonoproep ondersteun.

Omstreeks 18:30 het Isabel die liedjie “Chariots of Fire” begin speel.

Onder luide toejuiging van sy familie en vriende wat uit hul karre in die straat die wedloop dopgehou het, het hy die marathon voltooi.

Sy amptelike hardlooptyd was 10:29, maar met pouses tussenin het hy op 11:55, onder die amptelike Comrades tyd, geëindig.

Meer oor:  Bennie Roux  |  Centurion  |  Comrades
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.