Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Hamermeul speel klaar met onwettige sigarette

Duisende onwettige sigarette is Dinsdag by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se kantoor in Brooklyn, Pretoria, in klein stukkies opgekap toe dit deur ’n petrolaangedrewe hamermeul gevoer is.

Dit was net ’n gedeelte van die 2 000 verpakte bokse, wat elkeen 50 sigaretkartonne bevat waarop die SAID se doeaneafdeling in samewerking met die polisie, die weermag en ander wetstoepassingsagentskappe in verskillende operasies beslag gelê het.

Beyers Theron, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se direkteur van doeane en aksyns, Dinsdag aan die woord tydens die geleentheid waar duisende onwettige sigarette vernietig is. Foto: Deaan Vivier

Volgens Beyers Theron, die SAID se direkteur vir doeane en aksyns, is hierdie sigarette – waarop belastings van R17,4 miljoen betaalbaar was – óf onwettig ingevoer of onwettig in die land vervaardig.

In die boekjaar 2020-’21 is daar by die Beitbrug-, Groblersbrug-, Kopfontein- Lebombo- en Skilpadshek-grenspos op die meeste van dié sigarette beslag gelê.

Volgens die SAID se doeane-data het die uitvoerwaarde van tabakprodukte met 11,1% gestyg van R14,27 miljard in 2019 tot R15,87 miljard in 2020.

“Die uitwerking van die streng inperkingsregulasies word weerspieël in die skerp jaar-tot-jaar-daling in uitvoerwaardes in April 2020,” sê Theron.

Uitvoerwaardes het van Mei tot Augustus op ’n jaargrondslag aansienlik herstel. Daar is egter ’n afwaartse neiging sedert September 2020.

Onwettige sigaretkartonne word in ’n hamermeul geplaas en binne enkele sekondes vernietig. Foto: Deaan Vivier
Onwettige sigaretkartonne word in ’n hamermeul vernietig. Foto: Deaan Vivier
Kartonne met onwettige sigarette word in ’n hamermeul vernietig. Foto: Deaan Vivier
Duisende onwettige sigarette is in stukkies opgekap. Foto: Deaan Vivier

Daarenteen het die invoerwaarde van tabak afgeneem met 7,4% op ’n jaargrondslag in 2020.

“Dit is deels toe te skryf aan die streng inperkingsregulasies waartydens die verkoop van tabakprodukte verbied was.”

Tabakinvoer het in November 2020 ’n hoogtepunt bereik en die vlakke van November 2019 oortref.

Meer oor:  Said  |  Pretoria  |  Vernietig  |  Onwettige Sigarette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.