Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Hef aandklokreël op, vra Wes-Kaap

Die Wes-Kaap gaan pres. Cyril Ramaphosa versoek om die aandklokreël op te hef en dat internasionale vlugte moet hervat.

Alan Winde, premier, het Dinsdag kort voordat Ramaphosa se provinsiale koördineringsraad sou vergader, gesê die Wes-Kaap meen sy inwoners is verantwoordelik en het bewys dat hulle die streng koronavirus-maatreëls sal volg en verantwoordelikheid vir hul eie veiligheid aanvaar.

“Ons boodskap is duidelik. Hef die aandklokreël op en gee duidelikheid oor internasionale reise. Ons het ’n datum nodig vir wanneer internasionale vlugte mag hervat in Oktober, sodat internasionale reisigers wat die land vir besigheid of vakansie wil besoek oor die volgende paar maande besprekings kan maak.”

Alan Winde, Wes-Kaapse premier. Foto: Skermgreep

Winde sê die president moet nou toesien dat die res van die ekonomie heropen.

“Ons vermaaklikheidsbedryf, sportbyeenkomste en kerke moet weer heeltemal oopmaak.”

Die premier sê inwoners van die Wes-Kaap het bewys dat hulle die reëls sal nakom en dis hoekom hy die president namens die provinsie gaan aanmoedig om die ekonomie heeltemal oop te stel.

Meer oor:  Alan Winde  |  Vlak 1  |  Aandklokreël  |  Vlak 2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.