Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk hiér die eindstryd in Noorde

Waar jy die Wêreldbeker-eindstryd kyk, maak saak. Jy wil daar wees waar die gees is sodat dié eindstryd van 2019 jou lewenslank sal bybly.

Bok-koors heers al die hele week en het veral Vrydag begin hoogty vier voor die stryd tussen die Springbokke en Engeland Saterdag om 11:00.

Diegene wat met Jan Tuisbly se karretjie ry of dalk op die pad is, kan inskakel op RSG. Die omroeper Johan Rademan begin net voor 11:00 uitsaai en van 16:00 af kan luisteraars inbel om saam met die sportaanbieder Jody Hendricks te gesels.

Die wedstryd sal regstreeks op SABC 2 (van 11:00 tot 14:00) en op SuperSport 1, SuperSport CSN en SuperSport One Africa uitgesaai word.

Die opbou na die wedstryd op die SuperSport-kanale begin al om 08:30. Hulle gaan gees vang en oorskakel na die onderskeie Boktowns, ’n spesiale inisiatief deur die Springbok-ondersteunersklub.

Diegene wat in Afrikaans wil gees vang, kan om 08:30 op kykNET Nou (kanaal 146 op DStv) inskakel.

Boktowns oor die land heen maak gereed vir massa-saamtrekke.

’n Ondersteuner op Nelson Mandela-plein in Sandton vang Vrydag al gees vir Saterdag se groot wedstryd.Foto: Felix Dlangamandla

Johannesburgers wat nog gehoop het hulle kan by die Montecasino Outdoor Piazza op die groot skerm gaan kyk, sal vinnig ’n ander plan moet maak, want die kaartjies hiervoor op Computicket is reeds uitverkoop.

Die Pirates Club in Greenside, Johannesburg, is dalk ’n alternatief. Dié restaurant is ’n groot gunsteling onder rugbyondersteuners.

Die Weiveld-kuierplek, Pretoria-Oos se Boktown, maak ook gereed om ’n skare mense te ontvang.

Sommiges sal dalk wil voel asof hulle naby ’n rugbystadion is en verkies om die wedstryd in Trademarx, die restaurant en kroeg by Loftus Versfeld, te gaan kyk.

Die Boktown in Mpumalanga is die Emnotweni Casino in Nelspruit, en The Venue in The Ridge in Witbank.

In Durban kan geesdriftiges die Bokke in The Globe Theatre in die Suncoast Casino gaan ondersteun.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.