Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Só lyk die koshuis waar Matie uitval

Die studente die koshuis waar die Matie-student Taylië Chamondré Jaap die naweek uit ’n venster op die tweede verdieping geval het, ontvang berading.

Martin Viljoen, woordvoerder van die Universiteit Stellenbosch, sê die krisisdiens van die sentrum vir studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) bied reeds berading aan Jaap, ’n eerstejaar-BSc-student, se koshuis- en klasmaats nadat sy Sondagoggend vroeg uit die koshuisgebou op die Stellenbosch-kampus geval het.

“Sy is met ernstige beserings in die Stellenbosch-hospitaal opgeneem, waarna sy na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas is. Haar toestand is kritiek.”

Viljoen sê die universiteit ondersoek die voorval.

Netwerk24 het Maandag by die Serruria-koshuis gaan aanklop, maar die koshuismoeder het gesê die studente ontvang berading en kan nie met die media praat nie.

Taylië Jaap het uit die middelste venster van die tweede verdieping geval. Foto: Jaco Marais
Taylië Jaap Foto: Facebook

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.