Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk hier na George Bizos se staatsbegrafnis
Adv. George Bizos Foto: Argieffoto

Adv. George Bizos (92), menseregte-advokaat en kampvegter teen apartheid, se staatsbegrafnis kan Donderdag regstreeks oor die internet gevolg word.

Die SAUK en ander groot uitsaaikanale gaan die verrigtinge regstreeks uitsaai.

Die diens kan ook regstreeks op die volgende aanlyn platforms van die regering gevolg word.  

Bizos is verlede Woensdag by sy huis aan natuurlike oorsake dood. ’n Private diens word om 11:00 die oggend in die Grieks-Ortodokse kerk in Johannesburg gehou. Bizos word daarna in die Wespark-begraafplaas in Montgomery Park begrawe.

Die volgende paaie om die kerk gaan van Woensdagaand 18:00 tot Donderdag om 12:00 gesluit wees en motoriste word aangeraai om ander roetes te gebruik.

  • Nugget en Leyds
  • Nugget en Wolmarans
  • Banket en Bok
  • Banket en Leyds

Phumla Williams, direkteur-generaal van die regering se kommunikasiediens (GCIS), sê daar sal gehou word by die reël van 50 mense.

Williams sê boodskappe van medelye aan die familie en vriende van Bizos kan aanlyn gestuur word op https://www.gov.za/GeorgeBizos of per e-pos aan condolences@gcis.gov.za.

Pres. Cyril Ramaphosa het verlede week magtiging gegee dat die landsvlag van 12 September tot die aand van Bizos se begrafnis halfstok hang. Bizos het sy lewe daaraan gewy om vir menseregte te veg en het talle hoëprofiel-aktiviste, onder andere oudpres. Nelson Mandela en Walter Sisulu, in die hof verdedig.

Meer oor:  George Bizos  |  Staatsbegrafins  |  Aanlyn  |  Medelye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.