Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk hoe word Mej. Heelal 2018 gekroon
Mej. SA, Tamaryn Green, het op 13 Desember aan die swem-en-aandrok-afdeling van Mej. Heelal in Bangkok, Thailand, deelgeneem. Foto: AP
Mej. SA, Tamaryn Green, glimlag Donderdag tydens die uitdunronde van Mej. Heelal in Bangkok, Thailand.Foto: AP

Die aanwysing van Mej. Heelal 2018 vind Maandagoggend vroeg Suid-Afrikaanse tyd plaas in Bangkok, Thailand. Indien jy Maandag om 02:00 voor die televisie wil inskuif, kan jy op DStv-kanaal 103 na die glansryke seremonie kyk.

As jy sommer in jou bed op jou foon of tablet wil kyk, kan jy op Mej. Heelal of Mej. Suid-Afrika se sosialemediaplatforms al die verwikkelinge volg.

Mej. SA, Tamaryn Green, in haar nasionale kostuum in Bangkok, Thailand. Foto: AP

Tamaryn Green, Mej. SA, is een van die gunstelinge om in die voetspore van die Suid-Afrkaanse skoonheid en huidige Mej. Heelal, Demi-Leigh Nel-Pieters, te volg.

Mej. Heelal het die top-20-finaliste op Twitter bekend gestel. In Green se kort video sien die kyker hoe sy haar mediese studies geniet en dat sy hoop die gesondheidstelsel in Suid-Afrika kan verbeter.

Green was met haar kroning as Mej. SA vanjaar in die sesde jaar van haar mediese studies aan die Universiteit van Kaapstad.

Meer oor:  Bangkok  |  Thailand  |  Mej. Sa  |  Mej. Heelal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.