Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
BRAND: Hugenote-tonnel weer oop, pas steeds gesluit

Die Hugenote-tonnel op die N1-hoofweg buite Kaapstad is na 08:00 Vrydagoggend vir verkeer oopgestel, maar die Du Toitskloofpas tussen die Paarl en Worcester is steeds gesluit weens 'n wegholbrand.

Huise en privaat eiendom is nou in gedrang.

Die brand kon Donderdagaand tot in Klapmuts gesien word.

Jo-Anne Otto, woordvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, sê die brand word deur die sterk wind aangevuur.

“Ons kan bevestig dat die brand in die Du Toitskloof-pas buite beheer is. Die brand is deur die nag deur ’n baie sterk wind aangevuur. Die brand het nou na private eiendom versprei wat tussen die ou en nuwe tonnels is.”

Sy sê alle beskikbare hulpbronne is na die toneel gestuur sodat hulle skade aan huise en ander strukture kan probeer voorkom.

Die ou tonnel, wat in die Du Toitskloof-bergpas is, en die Hugenote-tonnel is vir verkeer gesluit.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê motoriste kan van die R43- en R44-roetes gebruik maak.

Meer oor:  Worcester  |  Paarl  |  Brand  |  Hugenote-Tonnel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.