Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: 'Hugo, bel die polisie!' – drukker praat

Dit was ’n woeste bakleiery wat onder ’n groep mense in Pretoria-Noord uitgebreek het, maar dit was nié oor drukwerk of boekbindery nie.

So sê ’n maatskappy wie se naam te sien is op ’n advertensiebord in ’n video wat op sosiale media gedeel is van ’n hewige onderonsie waarin vuis geslaan, hare getrek en mense met ’n stok toegetakel word.

Selfs ’n man met ’n kunsbeen tree later tot die stryd toe.

Van die bakleiers huur glo ’n deel van die huis waarin die onderneming sy sake bedryf. Die video van die voorval is deur ’n buurvrou oorkant die straat gemaak en op sosiale media geplaas.

Die huis waar die bakleiery plaasgevind het. Foto: Google Maps

Sy skreeu herhaaldelik in die video: “Hugo, bel die polisie!”

Dit is nie seker of die polisie wel opgedaag het nie, maar teen die einde jaag ’n voertuig met van die bakleiers weg, met die man met die kunsbeen agterna.

Die onderneming sê die voorval het niks met hulle te doen nie.

“Die persone betrokke was huurders in die agterste perseel op dieselfde erf waarvan ons besigheid bedryf was,” sê die maatskappy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.