Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: 'Hy wou ons almal doodmaak' – vriendin oor vliegongeluk

“Hy wou ons almal doodmaak. Die Here het ons beskerm en ons het tyd gehad om weg te kom.”

Die toneel Saterdagaand by die Matsieng-vliegklub waar die vliegtuig in die klubhuis ingeploeg het. Foto: FACEBOOK

So sê ’n goeie vriendin van Natasha Viljoen (32), wie se man, Charl (37), Saterdag met ’n vliegtuig in die Matsieng-vliegklub se klubhuis in Botswana vasgevlieg het.

Die vriendin wil nie haar naam genoem hê nie, omdat “baie verwyte rondgegooi word”.

“Ek wil Natasha ondersteun en wil hê die regte storie moet uitkom.”

Viljoen was ’n kommersiële vlieënier by Kalahari Air Services in Gaborone, Botswana.

Hy en Natasha is sowat twee maande gelede “uitmekaar” en was van bed en tafel geskei. Hy het glo op 17 Februarie uit die huis getrek.

Die egpaar se sewejarige seun moes saam met sy ma weghardloop toe Viljoen met ’n Beechcraft King Air B200-vliegtuig in die klubhuis en beheertoring van die vliegveld vasgevlieg het.

Viljoen het ’n vriend van hom uit die vliegtuig gebel en gevra waar Natasha is. Daar is vir hom gesê dat sy gery het, in die hoop dat hy sou weggaan.

“Hy het gesê sy moet op die aanloopbaan staan sodat hy weet sy is daar. Toe sê hy ‘ek gaan julle almal nou iets wys’ en sekondes later het hy in die gebou vasgevlieg,” sê die vriendin van Natasha.

Die Matsieng-vliegklub in Botswana. Foto: FACEBOOK

Sy het bevestig wat Naruschka Winter, Natasha se suster, gesê het dat die egpaar nié Saterdag rusie gemaak het nie.

Natasha het ’n ooievaarspartytjie by die Matsieng-vliegklub in Rasesa, sowat 40 km noord van Gaborone, bygewoon.

Die mans het ’n “doekebraai” by die vliegklub gehad. Viljoen is nie genooi nie, maar het die middag by die “doekebraai” opgedaag en daarna is hy na die ooievaarspartytjie.

Viljoen het hul seun daar afgelaai. “Hy het Natasha geroep en sy was sommer dadelik in ’n toestand, want sy het geweet hy gaan seker weer iets aanvang. Ons het vir haar gesê sy hoef nie na hom te gaan nie en haar ma, Dalene Potgieter, het toe met hom gaan praat.”

Potgieter het hom gevra om haar dogter uit te los. Viljoen is toe terug na die “doekebraai”.

Charl en Natasha Viljoen. Foto: FACEBOOK
Charl Viljoen (37) Foto: FACEBOOK
’n Gesmelte koelhouer vol bier kort nadat die vliegtuig in die Matsieng-vliegklub se klubhuis vasgevlieg het. Foto: FACEBOOK

“Hy het daar ’n bier gedrink, maar die atmosfeer was baie styf en hy het nie lank gebly nie voordat hy kort voor 17:00 gery het. Hy was nie dronk nie.”

Die veiligheidswagte by die vliegklub is toe aangesê om die hekke te sluit en Viljoen nie weer toe te laat nie.

Die vrouens en mans en hul kinders het toe verder saamgekuier. “Ons kinders het op fietse op die landingstrook gery, want daar was geen vlugte wat sou inkom nie.” Daar was ook ’n springkasteel waarop die kinders gebaljaar het.

Viljoen het omstreeks 18:00 een van die mans gebel en gevra waar Natasha is. Die man het onraad vermoed en na Natasha gehardloop en haar gewaarsku. “Sy woorde was skaars koud toe kom Charl aangevlieg oor die landingstrook waar ons kinders gespeel het. Gelukkig kon hulle vinnig uit die pad kom.”

Viljoen het vyf keer laag verby die klubhuis gevlieg. “Almal het almal se kinders gegryp en begin hardloop. Ons het nie gedink hy het die guts om te crash nie omdat hy altyd gedreig het en niks het daarvan gekom nie,” sê die vriendin.

Meer oor:  Natasha Viljoen  |  Charl Viljoen  |  Botswana  |  Vlieënier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.