Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Inwoners omgekrap oor bloed in hul erf

Hulle is moedeloos oor bloed op hul sakeperseel en moes maar self opdok toe die Mangaung-metro nie op hul versoeke gereageer het nie.

Die onverwerkte riool en bloed kom van die slagpale wat minder as ’n kilometer van hulle af is, sê Wilma Opperman, opsigter van Domani Bouers in Sand du Plessis-laan in Estoire in Bloemfontein.

So het die bloederige erf Dinsdag by Domani Bouers in Bloemfontein gelyk. Foto: Verskaf

“Ons huis is voor en die sakeonderneming wat staalwerke insluit, agter op die erf. Toe dit net bloed was waar jy gekyk het en die metro nie na ons hulpkrete wou luister nie, moes ons ons eie geld gebruik om die probleem op te los.

“Ons het al in die verlede met die slagpale se personeel gaan praat. Hulle het vir ons gesê hulle betaal die Mangaung-metro geld om hul bloed in die rioolpype af te gooi. Maar nou was daar vandeesweek weer ’n verstopping. Dit is onaangenaam.”

Die inwoners van Estoire is briesend omdat bloed wat weer uit die slagpale in die hoofafvoerpypleidings vir onverwerkte riool loop verstoppings veroorsaak. Foto: Verskaf

John de Bruin, DA-raadslid van die gebied, sê die probleme is by die metro aangemeld maar daar was nog nooit 'n permanente oplossing nie.

“In die twee jaar dat ek raadslid is, is die probleem nog nooit opgelos nie. Elke keer as ek vir die metro gaan sê die slagpale se bloed lop in die hoof-rioolafvoerpype af en veroorsaak probleme, word voete gesleep om die probleem op te los. Dit is onaanvaarbaar omdat dit siektes kan veroorsaak.”

Bloed in die Domani Bouers se erf het vandeesweek opgedam. Foto: Verskaf
Werkers kon nie vandeesweek by Domani Bouers gewerk het nie weens die bloed van die slagpale wat die hele erf oorstroom het. Foto: Verskaf

Fanie van der Walt, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum in Estoire, sê dit is ’n groot krisis.

“Die agteruitgaan van al die dienste in die metro is vir ons ’n groot bron van kommer.”

Hy sê die waterlekplekke in Sand du Plessislaan wat na herhaalde klagte nie reggemaak word nie, is ook ’n nagmerrie.

Sakeondernemings van die omgewing bly vra waarheen hul belastinggeld gaan as geen dienste gelewer word nie.

Qondile Khedama, hoofbestuurder: kommunikasie van die metro, het Donderdag gesê hy het die foto’s en Netwerk24 se navrae reeds Dinsdag aan die toepaslike departemente gegee.

Bloed van die slagpale loop gereeld in Domani Bouers se erf in. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.