Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Inwoners sê Mashaba moet Alex besoek

Betogende inwoners van Alexandra in die noorde van Johannesburg het Woensdag daarop aangedring dat Herman Mashaba, burgemeester van die metro, hulle oor die gebrek aan dienslewering en ander kwessies moet kom toespreek.

Betogers het van vroegoggend af die in-en-uitgang-roetes in Alexandra, Johannesburg, met rommel en brandende bande versper.Foto: Twitter
“Ons sal betoog so lank as wat dit nodig is,” het Shando Mfazwe, ’n gemeenskapsleier, gesê. Foto: Twitter

Betogers het van vroegoggend af verskeie in-en-uitgang-roetes met rommel en brandende bande versper. Hulle het ook vroeër probeer om hul protesoptrede na die N3-snelweg uit te brei, maar is deur polisiebeamptes gestuit.

“Op die oomblik is daar mense wat in groepies saamdrom, betoog en bande brand. Geen beserings is tot dusver aangemeld nie,” het kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, aan Netwerk24 gesê.

“Ons sal betoog so lank as wat dit nodig is,” het Shando Mfazwe, ’n gemeenskapsleier, gesê. Volgens hom is die inwoners van Alexandra ontevrede oor die swak gehalte van dienslewering en die toename van buitelanders. “Hulle vat nie net ons werkgeleenthede en HOP-behuising van ons af weg nie, maar rig hul eie strukture op. Dié toestande dra by tot die hoë vlak van misdadigheid. Ons wil hê dat die metroraad werk moet maak van kwessies in Alex. As dit moet, sal ons vergaderings bywoon om oplossings te vind. Dit wil voorkom asof hulle van ons vergeet het. Ons sal voortgaan met ons massabetogings totdat die Johannesburg-metro hier ingryp en sy werk doen,” het Mfazwe gesê.

Volgens Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisiediens, is twee betogers in verband met openbare geweld aangekeer. “Metropolisiebeamptes is al sedert 03:00 in Alexandra om die situasie dop te hou,” het Minnaar gesê.

’n Kennisgewing wat voor die betoging onder inwoners versprei is. Foto: Twitter
Meer oor:  Herman Mashaba  |  Alexandra  |  Johannesburg  |  Padsluitings  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.