Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Jan Braai op vliegtuig wat noodlanding moes doen

Sosiale media gons behoorlik oor ’n video wat wys hoe ’n vliegtuig van die lugdiens Emirates Saterdag laag oor Kaapstad vlieg en brandstof stort voordat dit ’n noodlanding doen.

Die vlug was van Kaapstad na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate onderweg.

’n Motoris het die video geneem kort nadat die vliegtuig opgestyg het. Hierin kan gesien word dat die vliegtuig in ’n lus oor Tafelbaai vlieg en brandstof stort. “Dit is ’n Emirates-vliegtuig. Dit het pas van Kaapstad opgestyg en dis onderweg na Dubai. Maar ek het pas na sy vlugroete gekyk en joe, dit lyk nie goed nie. Dit het in ’n lus oor die baai gevlieg en is nou in die teenoorgestelde rigting onderweg. Iets is baie verdag," sê die motoris.

Die bekende persoonlikheid Jan Braai het op Twitter gesê hy was op die vlug in antwoord op ’n vraag of iemand weet waarom die vliegtuig ’n noodlanding moes doen.

“Niks ernstig nie. ’n Lig het aangedui dat die vragruim se deur oop is (die deur was in werklikheid nie oop nie) so al die brandstof is gestort voordat ons geland het, net om seker te maak. Almal is steeds aan boord en die kroeg is oop. Baie feestelik. Op die punt om weer op te styg.”

Emirates Support het in ’n twiet gesê vlug EK773 moes weens bedryfsredes na Kaapstad terugkeer.

Meer oor:  Emirates  |  Jan Braai  |  Kaapstad  |  Vliegtuig  |  Noodlanding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.