Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Karlien in trane oor ‘vermiste kinders’

’n Ontstelde Karlien van Jaarsveld het Dinsdagaand hulp gevra om haar kinders op te spoor toe hulle blykbaar ’n ruk lank vermis geraak het.

Haar kinders het die Spar Carols by Candlelight with Jacaranda FM by Loftus Versfeld in Pretoria bygewoon.

Van Jaarsveld het op Instagram geskryf haar kinders is saam met haar eksman, Derick Hougaard.

Volgens die inskrywing het hy met die twee seuns “weggeloop”.

By die inskrywing was ’n video waarin ’n betraande Van Jaarsveld mense vra om te help soek.

Etlike minute en 1 900 likes later is die kinders ongedeerd gevind: “Ons het hulle gekry!”

Van Jaarsveld het die polisie en almal wat gehelp en gebid het, bedank.

Ronel Brink, Van Jaarsveld se ma en bestuurder, het vroeër bevestig dat daar na die kinders gesoek word.

Die selfone van Hougaard en Bobby, Van Jaarsveld se broer, was afgeskakel.

Reaksies op Van Jaarsveld se Instagram-inskrywing het gewissel van diegene wat haar sterkte toewens tot diegene wat waarsku teen “ongegronde bewerings”.

natanya_nell het geskryf sy hoop dit is net ’n misverstand: “Ek kry altyd die kinders jammer, tussen twee wêrelde en altyd betrokke by ongemaklike situasies. Sterkte.”

* Die Spar Candles by Candlelight-fees het vertonings deur Charlize Berg, Karen Zoid, Kurt Darren, Swing City, Nádine, Nianell, Jo Black en die Ndlovu Youth Choir gespog. Volgens organiseerders was daar ’n “massiewe” speelplek vir kinders.

’n Betraande Karlien van Jaarsveld. Foto: Instagram

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.