Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Kerkleiers betoog teen korrupsie voor VS-premier se kantoor

Kerkleiers het Dinsdag voor die premierskantoor in Bloemfontein aan ’n stille protes teen korrupsie deelgeneem.

Dit is deel van ’n nasionale veldtog deur die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) om in Erfenismaand saam te staan teen korrupsie.

Ds. Barnard Steyn, bedieningshoof van die NG Kerk se sinode in die Vrystaat, sê kerke is verenig onder die slagspreuk “Korrupsie is nie my erfenis nie” in protes teen die wanbestuur van geld wat veral tydens die Covid-19-pandemie toegeneem het.

“Ongelukkig is die Vrystaat nie net die hart van Suid-Afrika nie, maar ons is ook vasgevang in die middel van korrupsie wat veral in dié provinsie kop uitsteek.

“Veral Vrystaters behoort saam te staan teen korrupsie,” sê Steyn.

Lede van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het Dinsdag in Bloemfontein voor die premierskantoor saamgekom in stille protes teen korrupsie in Suid-Afrika. Foto: Mlungisi Louw

Lede van die SARK in die Vrystaat het Dinsdag voor die premierskantoor in Bloemfontein saamgekom.

“Ons was ’n klein groep mense en kon steeds sosiale afstand handhaaf en die maatreëls van die inperkingstyd respekteer.”

Biskop Malusi Mpumlwana, hoofsekretaris van die SAKR, sê die protesaksie is juis in stilte gehou omdat die raad stomgeslaan is deur die afstootlike en voortdurende bedrog wat in die land gepleeg word.

“Ons het Erfenismaand gekies om die veldtog te loods sodat ons die verbintenis van korrupsie met Suid-Afrika se identiteit kan beëindig.

“Ons staan op en weier dat die Suid-Afrikaanse kultuur een van diefstal van en bedrog met gemeenskapshulpbronne sal wees.”

Mpumlwana sê korrupsie, veral met Covid-19-fondse, is misdadig en stel die lewe van landsburgers in gevaar.

Steyn sê die stille protes het suksesvol verloop.

“Om plaaslik en nasionaal hande te vat is noodsaaklik in tye soos dié.

“Die atmosfeer tydens die protes was gewyd en die eensgesindheid was tasbaar,” sê Steyn.

Lede van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke wys stilswyend hul teenkanting teen korrupsie in die land voor die premierskantoor in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw
Die protes het plaasgevind onder die slagspreuk “Korrupsie is nie my erfenis nie”. Foto: Mlungisi Louw
Meer oor:  Ds. Barnard Steyn  |  Vrystaat  |  Korrupsie  |  Kerkleiers  |  Betoog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.