Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Kese ‘beroof’ kroeg

Al ooit die een gehoor van die drie bobbejane in die kroeg? In Barrydale het drie kese die kroeg “besoek” en anders as wat ’n mens sou verwag, gewys hulle het sobere gewoontes.

Sjef Mueen Ismail, van die Barrydale Backpackers & Dung Beetle Pub, sê Vrydag vroeg het een van die skoonmakers die kroeg oopgesluit en op die boonste vloer gewerk.

Die vrou het iets gehoor en toe sy afkyk, gesien hoe drie bobbejane hulself aan aartappelskyfies en grondboontjies help.

Kees se kind steur hom nie aan die rak vol wynbottels nie en lê eerder ’n paar pakkies skyfies vas.Skermgreep: Barrydale Backpackers & Dung Beetle Pub

Die drie se “rooftog” is op kring-TV vasgelê. Anders as wat mens van drie gesoute kroegvlieë sou verwag, het die kese nie ’n bek aan drank gesit nie.

Ismail sê die eienaars het nog nie besluit of hulle klagte gaan lê teen die drie “inbrekers” nie, maar daar is ’n sterk vermoede dat hulle deel is van ’n bende van 16 of 20 stuks vol bobbejaanstreke.

“ ’n Tydjie terug het die bende ons vulliskamer se deur oopgebreek en al die sakke vuilgoed oopgeskeur op soek na lekkernye. Hulle het letterlik die kamer se deur afgebreek,” sê hy.

Ons sit nie goed uit wat hulle kan vreet nie en probeer om hulle nie te bederf met kos nie.

Nog een van die bende word gesoek wat ’n paartjie in een van die gastekamers afgeloer het.

Hulle het ook al op die kombuis toegeslaan en broodrolletjies, koekmeel en selfs waspoeier gesteel.

Een van die kese met ’n soettand het doodluiters by ’n naburige winkel wat heuningprodukte verkoop, ingestap en ’n pakkie heuningkoek gevat en weer uitgeloop, vertel Ismail.

Hy sê inwoners teen die R62 moet fyn beplan as hulle swart sakke uitsit vir vullisverwydering.

“Hulle weet ons vullis word Maandae en Donderdae verwyder. Op dié dae hou hulle ons dop en is sommer vinnig hier,” vertel hy.

“Hulle is baie slimmer as wat mense besef en ons moet reël met die mense wat die vullis kom oplaai dat ons dit nie te lank voor die tyd buite neersit nie.”

Ismail sê die toeriste is gek na die molesmakers en al is hulle soms ’n irritasie probeer die meeste inwoners in vrede met hulle saamleef.

“Ons sit nie goed uit wat hulle kan vreet nie en probeer om hulle nie te bederf met kos nie.”

Meer oor:  Barrydale  |  Bobbejane  |  Kroeg  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.