Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Khayelitsha se beurt om saam met Cyril te stap

Pres. Cyril Ramaphosa doen Woensdagoggend sy belofte gestand om gereeld vroegoggend in verskillende gemeenskappe te gaan stap.

Hy het sy staptog van 6 km uit Khayelitsha by die Rocklands-gemeenskapsaal in Mitchells Plain afgesluit. 

Die president het die stappery as geskiedkundig beskryf by die UDF-monument, waar die UDF meer as 25 jaar gelede bekend gestel is.

Ramaphosa sê hy wil met die stapsessies ’n gesonde leefstyl by Suid-Afrikaners aanwakker.

Hy het verwys na gesinne wat vroeg opgestaan het om hom langs die pad te ontmoet en met hom te praat oor goed wat hulle pla. 

Hy sê die interaksie tussen inwoners laat hom elke keer besef hoe nierassig die land werklik is. 

“Daar is baie dinge waaraan ons moet aandag gee. En dit gaan gedoen word. 

“Ons gaan ontslae raak van korrupsie, gierigheid, van mense wat steel, van mense wat hulpbronne misbruik.” 

Die president sê hy gaan binnekort met die minister van basiese onderwys en die minister van polisie vergader om te bespreek hoe hulle skole kan beveilig.

“Ons skole moet veilig vir ons kinders wees en nié ’n plek waar hulle onveilig voel nie.” 

Die president het ook belowe dat daar gekyk gaan word na maniere om bendegeweld in die kiem te smoor en dwelmmisbruik en die handel daarin stop te sit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.