Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Kitsvloede rig miljoene se skade aan by AfriSki

Die verwoesting wat kitsvloede vroeër die week by die AfriSki-bergoord in Lesotho aangerig het, beloop miljoene rand.

So het die oord in ’n verklaring gesê nadat dit Maandag deur sy ergste vloed tot nog toe getref is met 60 mm reën wat binne ’n halfuur uitgesak het.

“Dit is die eerste keer sedert die oord sy deure in 2000 geopen het dat dit oorstroom. Die skade aan paaie, infrastruktuur en geboue is groot.”

Die oord sê ’n ongekende hoë reënvalsyfer is vir die Maluti-berge aangeteken – meer as 800 mm sedert Desember 2020.

“Hoewel die oorstromings ’n skok is, is reën skaars hier en bly dit noodsaaklik vir die hele operasie.”

Weervooruitsig vir die sentrale binneland
Die AfriSki-bergoord in Lesotho het miljoene rand se skade gely nadat dit Maandag deur kitsvloede getref is. Foto: Martin Schultz/AfriSki-bergoord

Warm tot baie warm temperature sal die res van die week in die Vrystaat en Noord-Kaap voorkom, sê Elani Heyneke, weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein.

Dit sal hoofsaaklik sonnig, maar gedeeltelik bewolk op plekke wees.

“Die temperature gaan vanaf Donderdag in ’n groot deel van die sentrale binneland begin warmer word.”

Sy sê die temperature sal vir die res van die week meestal in die lae 30’s in die Vrystaat en Noord-Kaap wees, maar in die Oos-Vrystaat in die hoë 20’s.

“Die moontlikheid vir reën begin eers regtig hier van Sondag af groter raak.”

Heyneke sê dit sal Sondag in Noordwes reën en dit behoort Maandag suidwaarts te versprei. Enkele buie en donderbuie word dan oor die Vrystaat, Noordwes en die

noordoostelike deel van die Noord-Kaap verwag.

Strome water by die AfriSki-bergoord in Lesotho. Foto: Martin Schultz/AfriSki-bergoord
60 mm reën het Maandag binne ’n halfuur oor die AfriSki-bergoord in Lesotho uitgesak. Foto: Martin Schultz/AfriSki-bergoord
Die AfriSki-bergoord in Lesotho is vandeesweek vir die eerste keer in sy bestaan oorspoel. Foto: Martin Schultz/AfriSki-bergoord

Temperature vir Donderdag volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens:

Bloemfontein – 15 °C tot 32 °C

Welkom – 16 °C tot 32 °C

Bethlehem – 13 °C tot 28 °C

Upington – 17 °C tot 32 °C

Kimberley – 17 °C tot 34 °C

De Aar – 15 °C tot 33 °C

Meer oor:  Lesotho  |  Kitsvloede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.