Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: ‘Kospakkies bring broodnodige verligting en hoop’

Varsvoedselprodukte wat aan gemeenskappe in nood geskenk word, sal broodnodige verligting en hoop vir hulle bring.

Só het Andrea Campher, risiko-en-rampbestuurder van Agri SA, Woensdag by die oorhandiging van sowat 30 ton se varsprodukte in die Johannesburgse mark in City Deep gesê.

Agri SA, tesame met die Mike Loutfie-stigting, Total South Africa en die RSA Group, het kragte saamgespan om die sowat R110 000 se varsprodukte aan Afrika Tikkun, ’n organisasie wat poog om ’n einde aan kinderarmoede en jeugwerkloosheid te maak, te skenk. Begunstigdes, wat deur Afrika Tikkun bereik sal word, sal kospakkies ontvang wat uit voedsame varsprodukte van ’n hoë gehalte bestaan.

“Dit is ’n groot voorreg vir Agri SA om deel te wees van sakevennote soos Total South Africa, die Mike Loutfie-stigting en die RSA Group, wat soveel vir gemeenskappe in nood doen.

“Die gevolge van die Covid-19-pandemie word steeds daagliks gevoel en die behoefte aan voedsame kos is ’n harde werklikheid.”

Geskenkte aartappels word Woensdag op ’n vragmotor in die Johannesburgse mark in City Deep gelaai. Foto: Melinda Stuurman

Sedert die begin van die pandemie het Agri SA reeds na verskeie behoeftige gesinne uitgereik en in 2020 is byna 400 ton kos aan behoeftige gesinne geskenk. Woensdag se skenking was die eerste van Agri SA se oorskotvoedsel-hulpveldtog vir 2021.

Die skenking wat Afrika Tikkun Woensdag ontvang het, is na sentrums in Orange Farm, Diepsloot, Braamfontein en Alexandra vervoer waar dit verder verpak en versprei sal word.

Alef Meulenberg, uitvoerende hoof van Afrika Tikkun, het hul fokus op voeding beklemtoon.

’n Vragmotor word Woensdag met Aartappels gelaai nadat varsvoedselprodukte aan Afrika Tikkun geskenk is. Foto: Melinda Stuurman

“Aangesien voedselsekerheid sedert 2020 in nood verkeer, het ons ons vennootskapsbasis uitgebrei om kwesbare gesinne te help om voedsame kos te kry. Op hierdie manier kom ons nader daaraan om die reg op kos ’n werklikheid te maak.”

Hy het hy gesê alle betrokkenes is dankbaar vir die sowat 30 ton se voedsel wat geskenk is.

Andrea Campher van Agri SA aan die woord. Foto: Verskaf

Jade van Buuren, bedryfsbestuurder van die Mike Loutfie-stigting het gesê die voortslepende Covid-19-pandemie, tesame met Suid-Afrika se algemene ekonomiese probleme, hou steeds baie voedingsuitdagings vir baie mense in.

“Die Mike Loutfie-stigting, in die hartjie van die varsproduktebedryf, is opgewonde om sy vennootskap met Agri SA voort te sit om werklike en onmiddellike voedselhulp te bied waar dit die nodigste is. Dit is positiewe samewerking soos hierdie wat ’n tasbare uitwerking het deur om te gee vir die gesondheid en welstand van ons kwesbare burgers.”

Alef Meulenberg, uitvoerende hoof van Afrika Tikkun, by die oorhandiging van die varsvoedselprodukte. Foto: Melinda Stuurman

Meer oor:  Kospakkies  |  Agri Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.