Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Gedenkdiens vir gestorwe brandweermanne

’n Gedenkdiens word Woensdagmiddag op Ellispark gehou vir die brandbestryders wat verlede week in ’n geboubrand in die Johannesburgse middestad dood is.

Drie brandbestryders is dood nadat hulle ingestuur is om ’n brand op die 23ste verdieping van die Bank of Lisbon-gebou, wat drie provinsiale regeringsdepartemente huisves, te blus.

Brandbestryders by die gedenkdiens op Ellispark. Foto: Simon Sonnekus

Hul naasbestaandes het vroeër saam met Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, en nooddienspersoneel kranse voor die gebou gelê ter nagedagtenis van hul kollegas.

’n Groep nooddienswerkers het tussendeur voor die gebou betoog. Die betogers het tussen hul kollegas rondbeweeg en plakkate omhoog gehou waarop staan dat hulle ’n gevaarloon van R4 000 eis. 

Hulle het so hard gesing dat mense in 'n stadium nie meer die koor wat deel van die kranslegging is, kon hoor nie.

Familielede was emosioneel en het gesukkel om plek te kry om te sit.

Stukkies van die gebou se ruite lê nog op die grond en het geknars soos mense daarop getrap het.

’n Kransleggingseremonie word gehou word vir die brandbestryders wat verlede week in ’n brand in Johannesburg dood is. Foto: Simon Sonnekus

Meer oor:  Jhb-Brand  |  Gedenkdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.