Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Leerlinge vloek onderwyseres by skool

’n Video waar leerlinge by die Edward Primary School, ’n laerskool in Elsiesrivier, ’n onderwyseres en ander leerlinge by die skool vloek, skel en dreig, het sedert Maandag soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Die video is glo verlede week deur die onderwyseres geneem.

Dit het Maandag die eerste keer op Facebook verskyn.

In die video kan gesien word hoe die drie seuns buite die klaskamer staan en op die juffrou en ander leerlinge begin skel.

Die een seun loop na die vensters wat met diefwering beveilig is en skreeu van buite dat die juffrou ’n video moet maak. Die juffrou sê vir die een seun hy moet weer spoeg, waarna hy vir haar sê dat sy ’n video moet maak. Hy skreeu onder meer vir haar: “Maak die video juffrou, maak die video, ek het niks te doen met daai video nie.”

Die seuns begin daarna die juffrou en ander kinders in die klas te vloek. Hulle noem die juffrou onder meer die p-woord en skreeu ook sy is ’n “ma-se-p**s”.

Een van die ander seuns skreeu aan ’n kind wat klaarblyklik agter in die klas sit dat hy op die ander leerling se gesig die middag gaan spring. “Jy sal sien, jy is in jou ma-se-p**s,” skreeu die seun dan.

Die skoolhoof, S. Meniers, wou nie Dinsdag enige kommentaar lewer nie. Hy het alle navrae na die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) verwys.

Bronagh Hammond, WKOD-woordvoerder, het by navraag gesê die voorval was verlede Woensdag.

Volgens haar het die drie leerlinge ’n geskiedenis van wangedrag. Hulle is onderskeidelik in gr. 4 en gr. 7.

Sy het gesê dat hulle onder meer klasse sonder toestemming verlaat en dat hulle ontwrigtend is in die klas.

Een van die leerlinge is geskors, maar word toegelaat om skool by te woon om sy assesseringstoetse te voltooi.

Hammond het gesê die WKOD beskou die dreigemente teenoor die onderwyser en die leerlinge as onvanpas en sonder enige respek. Sy het gesê dat die leerlinge hul briewe vir ’n dissiplinêre verhoor ontvang het en dat hul ouers en voogde gekontak is.

Sy het verder gesê dat die skool se veiligheidskomitee en die bestuurspan by die skool ook reeds met die polisie in gesprek was.

“Die WKOD het ook reeds gereël vir sielkundige intervensie vir die leerlinge wat geraak is. Ons sal voortgaan om die skool te ondersteun. Die onderwyser het berading ontvang en word ondersteun.”

Meer oor:  Elsiesrivier  |  Vloek  |  Onderwys  |  Video  |  Leerlinge  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.