Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Leeuwfontein-weduwee bou nuwe herinneringe

“Terwyl ons die stukke moet optel, dit wat oorgebly het, moet jy ’n lewe bou en jy moet leef en jy moet ’n gewone mamma wees. Dis rof.”

Mariandra het haar en haar man, Johann Heunis, se vierde kind en enigste seun op haar heup.

André-Johann het op 12 Oktober een jaar oud geword. Sy pa is 12 dae voor sy geboorte, op 30 September 2016, voor sy drie ouer sussies en sy ma in hul huis op hul hoewe by Leeuwfontein, noordoos van Pretoria, doodgeskiet.

Die rowers het drie skote geskiet. Een in die rigting van die dogters, wat hulle gemis het. Een skoot het hul pa in die arm getref. Nog ’n skoot het hom in die voorkop getref. Hy is voor sy vrou en drie dogters dood.

Ek maak nuwe herinneringe om op te maak vir al die slegtes. Ek wil nie hê hulle moet dáái aand onthou nie.
Mariandra Heunis

Die rowers het met net die gesin se selfone gevlug.

Mariandra was by die Voortrekkermonument vir die Swart Maandag-optog teen plaasmoorde.

Sy het dit nou haar taak gemaak om te verseker dat haar kinders goeie herinneringe van hul kinderdae sal hê.

“Ek wil nie hê as my kinders eendag groot is en iemand vra vir hulle oor hul kinderlewe moet hulle sê dit was verskriklik nie. Hulle moet darem kan sê: ‘Weet jy, dit was hartseer, maar ons het sirkus toe gegaan, ons het koekies gebak.’ Dit is my roeping. Ek maak nuwe herinneringe om op te maak vir al die slegtes. Ek wil nie hê hulle moet dáái aand onthou nie.”

Meer oor:  Pretoria  |  Plaasmoorde  |  Sterfgeval  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.