Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Kaapstadse lughawe nie meer so erg 'verlate'
’n Passasier volg die aanwysings wat deur plakkers op die grond op die Kaapstadse lughawe aangedui word. Foto: Jaco Marais

Vrydag het die eerste vliegtuie op vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad in tien weke opgestyg.

Dié lughawens was tydens die inperking gesluit, buiten vir repatriasievlugte om gestrande Suid-Afrikaners in die buiteland na Suid-Afrika terug te bring.

Vrydag het twee vlugte vanaf Kaapstad na Johannesburg vertrek, en twee vlugte van Johannesburg het in Kaapstad geland.

“Ingevolge vlak 3 is daar geen internasionale vlugte op die normale skedule nie,” sê Deidre Davids, woordvoerder vir die lughawe in Kaapstad.

“Altesaam 57 sakereisigers van het van 04:00 af op die lughawe begin aankom vir die CemAir-vlug wat om 06:30 uit Johannesburg vertrek het,” lui ’n verklaring van die O.R. Tambo-lughawe.

“Dié vlug was 73% vol.”

Ingrid Klückow se temperatuur word geneem met haar aankoms op die lughawe. Foto: Jaco Marais

’n Paar uur later, om 11:50, het die eerste vliegtuig uit Kaapstad geland met 66 passasiers aan boord. Dié vlug was 83% vol.

’n Tweede CemAir-vlug van O.R. Tambo na Kaapstad het om 15:00 vertrek en die laaste vlug het om 20:00 uit Kaapstad in Johannesburg aangekom.

Bongiwe Pityi-Vokwana, woordvoerder van die O.R. Tambo-lughawe, sê die uitgebreide gesondheids- en veiligheidsmaatreëls wat op die lughawe toegepas is, werk goed.

In Kaapstad kry slegs passasiers toegang tot die lughawegeboue, tensy minderjariges of passasiers met spesiale behoeftes reis. Daar is oral plastiekskerms aangebring by plekke waar mense gesprekke met personeel moet voer.

Port Health doen siftingstoetse op almal wat in Kaapstad aankom, insluitende die lughawepersoneel. Almal moet maskers dra.

Die meeste winkels en restaurante in die Kaapstad-lughawekompleks bly gesluit, asook die internasionale terminale, behalwe vir spesifieke terugvlugte.

In dié lughawe bly parkade een gesluit, maar daar is toegang tot parkade twee. Die vervoerfasiliteite hier sal ook gesluit bly.

“Omdat daar gewoonlik baie fisieke kontak by die veiligheidspunte is, is stappe gedoen om passasiers en lughawepersoneel te beskerm en kontak te beperk,” sê Davids.

Ingrid Klückow se besonderhede word nagegaan en haar bagasie ingeneem. Foto: Jaco Marais

In Kaapstad word passasiers versoek om hul eie instapkaartjies te skandeer en al hul los items in hul handbagasie te dra. Net skootrekenaars word toegelaat in die bakke by die metaalverklikkers.

“Passasiers moet ten minste twee uur voor hul vertrektyd op die lughawe wees.”

Dieselfde word van passasiers in Johannesburg verwag.

“Ons is bly om weer aan die gang te wees,” sê Pityi-Vokwana.

“Ons voorsien dat die vraag aanvanklik beskeie sal wees, maar dat dit geleidelik sal groei namate passasiers gemakliker raak met die regulasies en oortuig is dat hulle veilig sal wees.”

Ingrid Klückow, wat van Kaapstad na Johannesburg gereis het, het gesê sy het verwag dat alles anders gaan werk. “Dit het my bietjie ongemaklik gemaak dat alles so stil is. Dit vat ’n rukkie om die vorms in te vul, maar ek is baie dankbaar dat ek vandag kan vlieg.”

Die ingang na die parkade wat oop is by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg. Foto: Verskaf
’n Ingang na die Kaapstad-lughawegebou. Foto: Jaco Marais
’n Veiligheidswag in die gebou van die Kaapstad-lughawe.Foto: Jaco Marais
Meer oor:  Inperkings  |  Vlak 3  |  Veiligheidsmaatreëls  |  Covid-19  |  Koroanvirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.