Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Ma pleit dat SAPD nie van vermiste seun (8) vergeet

Die ma van die vermiste Recolin Witbooi (8) van Gelvandale in Port Elizabeth het Maandag gesê sy klou vas aan die hoop dat hulle hom gaan kry en het by die polisie gepleit om nie van haar kind “te vergeet” nie.

Recolin Witbooi is reeds tien dae vermis.

Recolin en twee maats het na bewering op 6 Julie by ’n dam in Grootkloof, soos die gemeenskapslede daarna verwys, visgevang voordat hy verdwyn het.

Chriszelda Witbooi, sy ma, sê een van Recolin se maats beweer hy het Recolin “op ’n stoep langs die kloof” gelos.

Toe hy later terugkeer, was Recolin skoonveld, sê hy.

’n Soektog deur die polisie en polisieduikers by die dam waar die kinders gespeel het, was onsuksesvol. Die polisie het die gebied ook daarna met die hulp van snuffelhonde gefynkam.

Witbooi het Maandag by die polisie gepleit om nie van haar kind te vergeet nie en om aan te hou soek. Sy het die gemeenskap van Gelvandale bedank wat daagliks op hul eie na Recolin soek. ’n Klein groepie mense het ook Maandag by die gesin se huis saamgedrom, gereed om weer na Recolin te soek.

Volgens Witbooi het sy God gevra om vir haar ’n leidraad te stuur. Sy glo dat ’n droom wat sy Sondag gehad het, oor die nommers vier en ses in Newton Park, dié leidraad is. Daarom het gemeenskapslede Maandag hul soektog op Vierde en Sesde Laan in Newton Park gefokus.

Die vermiste Recolin se ouers, Chriszelda en Clive Witbooi, met sy skoolskoene en verlede kwartaal se rapport. Foto: Lulama Zenzile

“Ek het tien dae laas reg geslaap, want ek is rasend van bekommernis. Niks maak meer sin nie, hoe kon my kind net spoorloos verdwyn?”

Volgens sy ma is Recolin mal oor skool. Sy het Maandag gesê dat hy nog nie die kans gehad het om die nuwe paar skoolskoene wat hulle vir hom gekoop het te dra nie.

Meer oor:  Polisie  |  Recolin Witbooi  |  Port Elizabeth  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.