Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Kyk: Man doodgeskiet, winkels in Dullstroom geplunder

’n Man is doodgeskiet, paaie is met klippe versper, bande is gebrand en winkels geplunder gedurende betogings in Dullstroom, Mpumalanga.

Die betogings het Dinsdag begin en Woensdagoggend voortgeduur.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, het Woensdagmiddag aan Netwerk24 gesê die protesaksie het na die Sakhelwe-township beweeg waar betogers die winkels van buitelanders geplunder het.

Volgens sy kennis is 16 mense reeds in hegtenis geneem.

“Hierdie is misdadigheid, daar word afgebreek en dis ’n onwettige betoging,” sê Hlathi.

Paaie in Dullstroom is met klippe versper. Foto: Verskaf

Volgens Hlathi het die betogers ook by ’n drankwinkel ingebreek en dit geplunder.

Hlathi het aan Netwerk24 gesê die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in na die man se skietdood. Hy kon nie meer inligting verskaf nie.

By navraag aan Opod oor die ondersoek het Ndileka Cola, woordvoerder, gesê die voorval is aangemeld.

“Ongelukkig kan ons in hierdie stadium geen verdere besonderhede gee nie, aangesien die voorlopige verslag nog nie opgestel is nie,” het Cola gesê.

Volgens boere van Tonteldoos in Limpopo is die betoging baie ongerieflik omdat hulle die R540 deur Dullstroom moet gebruik om produkte daar af te lewer.

’n Boer van die Tonteldoos-omgewing, Bertus Struwig, sê die betogings het ’n negatiewe impak op boere. “Dis moeilik vir boere, want ons kan nie produkte gaan aflewer nie,” sê Struwig, wat met beeste en skape boer.

Sy broer, Ben, wat saam met hom boer, sê boere moes tydens die betogings die R555-Stofbergpad gebruik om hul produkte in Dullstroom te kry.

“Ek wou vanoggend ’n vrag deur vat, maar toe hoor ek die betoging is nog aan die gang. Dit kos geld. Jy het meer brandstof nodig. Dit moet nou tot ’n einde kom, want hierdie is boere wat met beeste en graan boer wat ’n bestaan maak deur op veilings te verkoop,” het Ben Woensdagoggend aan Netwerk24 gesê.

Inwoners betoog glo oor werkgeleenthede. Foto: Verskaf

Meer oor:  Betogings  |  Dullstroom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.