Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Man maak by Covid-saal vir vrou musiek

Die hartsnare van gesondheidsorgwerkers en pasiënte by die Life Bayview-hospitaal in Mosselbaai is Woensdag vroegoggend geroer toe ’n bejaarde man buite die Covid-19-saal musiek op sy trekklavier begin speel het.

man, trekklavier
Die man wat Woensdagoggend buite die Covid-19-saal by die Life Bayview- privaat hospitaal in Mosselbaai vir sy vrou musiek gespeel het. Foto: Facebook

Charlotte Barnard (37), ’n administratiewe klerk by die hospitaal wie se kantore reg langs die Covid-19-saal is, sê die man, wie se identiteit nog onbekend is, het gevra hulle moet ’n venster van die Covid-19-saal oophou sodat sy vrou, wat daar vir Covid-19 behandel word, hom kan hoor speel en só weet hy is daar vir haar.

Barnard sê sy het die man omstreeks 07:15 gehoor speel toe sy by die hospitaal stilhou om met haar werkdag te begin.

“Toe ek daardie musiek hoor, het ek gehuil, want ek het ’n oom wat Sondag oorlede is en ’n tannie wat ook in die Covid-19-saal by ons lê,” sê Barnard.

Barnard sê die man was ’n engel wat gestuur is om hoop nie net vir sy vrou te bring nie, maar vir almal in die hospitaal.

Barnard sê die man het die liedjie “You Raise Me Up” ook gespeel.

“Hy het seker so 40 minute lank gespeel,” sê sy. “Met sy musiek het hy aan sy vrou probeer sê ‘hou aan veg, moenie opgee nie, ek is hier’.”

Valerie Brits (61), nog ’n administratiewe klerk by die hospitaal, sê toe haar dogter haar Woensdagoggend aflaai vir werk, het sy gedink die musiek kom van ’n radio wat kliphard speel.

“Toe ek hoor dis ’n oom wat musiek maak vir sy vrou, wat in die Covid-19-saal lê, het ek tegelyk hartseer geraak en hoendervel gekry,” sê Brits.

Daar is baie mense in die hospitaal wat gedurende dié tyd baie alleen voel.

“Dit was hartverskeurend om sy musiek te hoor,” sê sy. “Hy is alleen met die seer dat sy vrou siek is en sy vrou is alleen met die siekte en kan haar man nie sien nie.”

Barnard hoop die man kom maak gou weer musiek by hulle.

“Ek het eintlik gehoop hy sou Donderdagoggend terugkom,” sê sy. “As enigiemand hom ken, sê hom ons verwelkom hom enige tyd terug.”

Die man het ongeveer 40 minute musiek gespeel. Foto: Facebook


Meer oor:  Mosselbaai  |  Covid-19  |  Hospitaal  |  Trekklavier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.