Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Man vlug ná video wys hoe hy vriendin aanrand
'n Skermgreep van die video wys hoe 'n nakende man die vrou met die kop stamp.

’n Video van ’n kaal man van Bloemfontein wat sy vriendin só hard met die kop in die gesig slaan dat sy agteroor val, stuur skokgolwe deur die land.

Die vrou wat geslaan word, het bevestig die man is Ryno Prinsloo. Haar suster het ook self gebel om te bevestig dat dit Prinsloo in die video is.

Prinsloo het in Februarie 2019 by 'n skool in Bloemfontein bedank waar hy skoolgegee het. Hy moes glo onlangs uit die stad “vlug” nadat hy na bewering doodsdreigemente gekry het.

Die vrou het die voorval aan Netwerk24 bevestig, maar gesê dat sy nie ’n klag by die polisie aanhangig gemaak het nie omdat sy nie wil hê hy moet 'n misdaadrekord kry nie. 

“Almal soek hom nou. Ryno gaan deur ’n helse tyd,” sê sy.

Almal soek hom nou. Ryno gaan deur ’n helse tyd.”
Slagoffer in video

Sy sê hy het haar gebel en om verskoning gevra “vir alles”.

In die video kan gesien word hoe die man poedelnakend op die vrou afstap en haar skielik met die kop in die gesig slaan. Sy tuimel weens die impak van die hou agteroor.

'n Skermgreep van die video wys hoe 'n nakende man die vrou met die kop stamp.

Mense wat die video gesien het, is geskok oor die ernstige geweld wat gebruik is.

Die vrou sê die voorval het sowat twee maande gelede gebeur. Hoewel hulle “aan en af” in ’n verhouding was, sien sy hom nie meer nie.

Sy het bevestig dat hy uit die onderwys bedank het en nou vir homself werk.

Sy het nie gesê waaroor die beweerde bakleiery gegaan het nie en wou nie verder oor die voorval praat nie.

“Die storie is erg genoeg soos dit is.”

Haar pa wou ook nie oor die voorval praat toe hy om kommentaar genader is nie.

Prinsloo het sy profiel op Facebook verwyder en sy selnommer verander. Hy het volgens inligting na die Suid-Kaap gevlug nadat hy honderde doodsdreigemente in Bloemfontein gekry het.

Prinsloo was ook in 2019 in die nuus toe hy in ’n voorval by ’n bekende kuierplek in Bloemfontein met ’n mes in sy maag gesteek is.

Netwerk24 het Prinsloo in die hande probeer kry, maar hy kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Pieter Brink van PSB Prokureurs in Pretoria het later gesê hy tree namens Ryno Prinsloo op. Hy het ontken dat dit Prinsloo in die video is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.