Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Man wat in gim masturbeer by polisie verkla

Die Virgin Active-groep sê hy gaan ’n klag by die polisie indien nadat ’n video aan die lig gekom het van ’n man wat oënskynlik by die Virgin Active-gimnasium in Stellenbosch in die Wes-Kaap masturbeer terwyl mense naby oefen.

Hy is ook lewenslank verbied uit die groep se gimnasiums oral in Suid-Afrika, het Virgin Active bevestig.

Die video het wyd reaksie ontlok en trek volgens inligting op Facebook “al sover as Engeland”.

Die video is Donderdag geneem deur ’n besoeker by die gimnasium. Die video wys hoe ’n man, geklee in ’n rooi hemp en kortbroek en wit tekkies, op ’n mat sit met ’n selfoon in die een hand.

Hy kyk na die selfoon terwyl ’n wit handdoek op sy skoot lê. Sy ander hand is skynbaar onder sy kortbroek ingedruk en beweeg op en af terwyl mense naby oefen.

Die gimnasium-besoeker het die video op Twitter geplaas en getwiet: “Ek wil hê die man se gesig moet viral gaan. Dit was by die Virgin Active in Stellenbosch @virginactiveSA. Absoluut vrotsige optrede”.

’n Skermgreep van die video waarin ’n man skynbaar masturbeer in die Virgin Active-gimnasium in Stellenbosch. Foto: Verskaf

Virgin Active het toe teruggetwiet dat die man se lidmaatskap opgeskort is.

Carla White, ’n woordvoerder van Virgin Active Suid-Afrika, sê by navraag die groep se regspan gaan ’n klag by die polisie indien.

Volgens haar is die man geïdentifiseer en sy lidmaatskap is onmiddellik gekanselleer. Hy is ook lewenslank belet om weer by enige Virgin Active-klub in Suid-Afrika aan te sluit. Sy ouderdom en identiteit is nie bekend gemaak nie.

“Ons klubs is gedeelde ruimtes en ons sal daadwerklike stappe doen teen optrede soos dié,” sê White.

Op Facebook en Twitter het die video wyd reaksie ontlok en mense, waaronder talle vroue, het hul skok en ongeloof oor die voorval uitgespreek.

Volgens inligting op Facebook het dit gelyk of die man besig was om ’n vrou wat oefen af te neem.

Meer oor:  Virgin Active  |  Stellenbosch  |  Publiek  |  Masturbeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.