Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Meghan Cremer se ma maak hart 1ste keer oop

“Ons is platgeslaan ná ons, ons kosbare Meghan verloor het,” sê Meghan Cremer (30) se ma, Gill, Woensdag voor die ingang van die Vaderlandsche Rietvlei-plaas in Philippi waar haar dogter gewoon het.

Meghan Cremer
Gill Cremer
Gill Cremer. Foto: Jaco Marais

Meghan lyk is verlede Donderdag op ’n sandmyn gevind ná sy vir ’n geruime tyd vermis was.

Drie verdagtes is in verband met haar moord aangekeer en verskyn Donderdag in die Athlone-landdroshof vir hul borgtogaansoek.

“Meghan was ’n baie nederige, sagte meisie wat baie goed gedoen het sonder om enige erkenning te verwag. Dit is hoe sy haar lewe geleef het,” sê Gill, huilend aan die sy van Neil van Hees, ’n familievriend.

“Dit het duidelik geword dat haar dood honderde mense geraak het, en dat haar gesig nou geassosieer sal wees met talle vroueorganisasies en vrouesake.”

Gill het gesê hulle hou Woensdag vir haar ’n private diens in die stalle op die perdeplaas waar sy gewerk het. Gill het gesê hulle dink dit is gepas aangesien Meghan versot was op perde.

Slegs ’n klein groepie mense is uitgenooi en Gill het gevra dat hul privaatheid gerespekteer word.

“Ons wil haar nalatenskap laat voortleef, en ons hoop almal sal ons die tyd gun om te rou.”

Sy het alle owerhede bedank wat betrokke was in die soektog na haar dogter en dié wat ondersteuning bied. Gill het aangedui dat sy nie beplan om die beskuldigdes in haar dogter se moord se hofverskyning Donderdag by te woon nie.

Meer oor:  Meghan Cremer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.