Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Meisie (11) van Bishop Lavis wen liggaamsbou-titel

’n Laerskool-leerling van Bishop Lavis op die Kaapse Vlakte wat twee weke gelede die nasionale liggaamsbou-titel gewen het, is ’n inspirasie en gee hoop vir ander leerlinge, sê die skoolhoof, Aleem Abrahams.

Caithlyn Bergh (11), ’n natuurlike liggaamsbou-atleet, wys haar spiere. Haar trofeë pryk in Aleem Abrahams, die skoolhoof van die Primêre Skool Bergville, se kantoor. Foto: Adrian de Kock

Caithlyn Bergh (11), ’n natuurlike liggaamsbou-atleet, is wel baie skaam, maar wanneer sy op kompetisies poseer, raap sy die een trofee ná die ander op.

Dié leerling van die Primêre Skool Bergville het twee weke gelede haar afdeling op die nasionale kampioenskap op Knysna gewen.

Sy is die eerste junior wat dié prestasie behaal, sê Abrahams.

Caithlyn het in Januarie vanjaar aan kompetisies begin deelneem en het sedertdien al vyf kompetisies gewen.

Haar vyf trofeë wat in Abrahams se kantoor pryk, dien as bewys.

Wat is haar sukses? Sy oefen gereeld in die gimnasium en volg al haar instrukteur se opdragte.

Dit het sy ook al met van haar maats gedeel wat ook nou liggaamsbou-atlete wil word.

Sy poseer ook mooi op die kompetisies, sê Caithlyn.

“Ek is baie gelukkig. My ma het vir my gesê ek moet aanhou om dit te doen,” sê sy eers skaam.

Dan helder haar ogies op namate sy meer oor die kompetisies en haar trofeë vertel.

Caithlyn Bergh (11), ’n natuurlike liggaamsbou-atleet, wys vir haar skoolhoof, Aleem Abrahams, ’n ding of twee in ’n handegeveg. Foto: Adrian de Kock

Haar instrukteur het haar eers genader om deel te neem. “Toe het ek na die eerste kompetisie gegaan en toe ek die eerste trofee gekry en gewen het, het ek aangehou om dit te doen.

“Ek was gelukkig om dit (die nasionale kampioenskap) te wen, want ek was die eerste 11-jarige liggaamsbou-meisie wat daar was.”

Nou wil sy oorsee gaan en klink baie opgewonde daaroor. Sy sê ook vir haar maats dat dit, tesame met die mooi trofee, van die voordele is om kompetisies te wen.

Abrahams sê noudat Caithlyn die nasionale kampioenskap gewen het, kwalifiseer sy om volgende jaar aan ’n kampioenskap in Frankryk deel te neem.

Wat is haar sukses? Sy oefen gereeld in die gimnasium en volg al haar instrukteur se opdragte.

Maar, skerts hy, Caithlyn moet eers al haar skooltake voltooi.

Abrahams sê dan op ’n ernstiger noot dat hy baie trots is op sy jong student omdat sy uit moeilike omstandighede kom. Nogtans werk sy hard en het sy baie dryfkrag wat ander inspireer, sê hy.

“Sy is ’n rolmodel in ons skool. Ander leerlinge wil soos Caithlyn wees en wil met haar vereenselwig word.”

Leerlinge soos sy wat uitblink, gee ook vir hulle as opvoeders hoop, sê hy.

Meer oor:  Bishop Lavis  |  Kaapse Vlakte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.