Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Mense dronkgeslaan oor Paasbolletjies

Checkers se Paasbolletjies het Suid-Afrikaners Woensdag dronkgeslaan toe ’n video die ronde begin doen wat wys dat net ’n paar happies van dié Paasbolletjies jou ’n positiewe alkohol-lesing kan gee.

Die Paasbolletjies was op almal se lippe toe die video nasionaal op sosiale media opspraak begin maak.

Checkers het gereageer oor die video waarin sy tradisionele Paasbolletjies verskyn. Foto: Twitter

In die video sit ’n verkeersbeampte van die Nelson Mandelabaai-metro, ene mnr. Williams, in sy uniform agter die lessenaar in ’n kantoor.

Sy kollega wat die video neem, vra vir Williams om in die toetsapparaat te blaas sodat hy sy alkoholvlak kan toets.

Toe Williams instem, wys die apparaat sy alkoholvlak is 0.00. Daarna sê sy kollega vir hom om twee happies van die Paasbolletjie te neem.

Williams vra skertsend of hy net twee happies moet vat, en begin smul aan die Paasbolletjie.

Terwyl Williams weglê, sê sy kollega dat hy die Paasbolletjies by Checkers se tak in die Metlife Plaza gekoop het.

Die twee praat oor hoe lekker dit smaak. “Dit is lekker, maar dit kan jou in groot moeilikheid bring.”

Skaars ’n minuut later word ’n tweede asemtoets gedoen. Groot is die mans se verbasing toe die lesing die tweede keer 0.21 reflekteer.

Checkers het in ’n verklaring gereageer en sê hy word oorval deur klante wat die resep vir die Paasbolletjies wil hê, asook mense wat duidelikheid soek oor die alkohollesings.

Prins het mense aangeraai om hul Paasbolletjies en kerrievis te geniet oor die Paasnaweek, maar as jy dronk bestuur, sal verkeersbeamptes ingevolge wetgewing bloedmonsters moet neem as hulle jou vang, was sy vermaning.

Volgens Checkers wil die mense bestellings in groot maat plaas, en het versoek dat die Paasbolletjies oor die hele jaar heen verkoop word – ook in Checkers se drankwinkels.

Checkers het bevestig dat sy gesogte Paasbolletjies geen alkohol bevat nie.

“Die vals lesing op die video is waarskynlik weens die gis en vrugte, soos in Januarie vanjaar in Australië berig is,” lui Checkers se verklaring.

Warren Prins, hoof van die Nelson Mandelabaai-metro se afdeling vir verkeer en lisensiëring, het gesê hy wil Suid-Afrikaners gerusstel dat hulle nie in hegtenis geneem sal word as hulle die langnaweek bestuur nadat hulle Paasbolletjies geëet het nie.

“ ’n Paasbolletjie het rosyne, sultanas en gis wat fermenteer as dit geëet word. Wanneer ’n asemtoets gedoen word net nadat iemand een geëet het, gaan dit ’n hoë alkoholvlak toon weens die effek daarvan op jou asem.

“Wanneer ’n toets ’n minuut later gedoen word, gaan dit weer ’n lesing van 0.00 wys.”

Prins het verder gesê die video is ’n opleidingsvideo om die verskil tussen twee monsters (die mond en die longe) te wys.

“Die lesing in die video is soortgelyk aan een wat in Australië geneem is. Dit toon ’n monster uit die mond en nie die longe nie.”

Prins het mense aangeraai om hul Paasbolletjies en kerrievis te geniet oor die Paasnaweek, maar as jy dronk bestuur, sal verkeersbeamptes ingevolge wetgewing bloedmonsters moet neem as hulle jou vang, was sy vermaning.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.