Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: ‘Met respek, ek het niks om te sê nie’ – Willem Breytenbach

Ná uitgebreide ondersoekwerk het News24 ook die vermeende seksoortreder Willem Breytenbach, wat van molestering en seksuele aanranding van minderjarige seuns beskuldig word, Donderdagaand by sy ma se huis in Reebok in die Suid-Kaap opgespoor.

Netwerk24 het hom vroeër die dag daar opgespoor.

Breytenbach het die deur oopgemaak, geklee in ’n swart T-hemp en rugbykortbroek. Hy het nie sy kenmerkende bril opgehad nie.

“Ek vra met respek dat julle loop – ek het niks om in hierdie stadium te sê nie,” het Breytenbach gesê, nadat hy News24 se joernaliste deur die veiligheidshek met die hand gegroet het.

Willem Breytenbach
Willem Breytenbach. Foto: Instagram

Die voormalige onderwyser en mediabestuurder het Kaapstad inderhaas verlaat ’n paar dae nadat News24 en Deon Wiggett, ’n kopieskrywer van Johannesburg, die eerste aflewering gepubliseer het van My Only Story, ’n poduitsending van vier episodes waarin Wiggett vertel hoe Breytenbach hom na bewering in die laat 1990’s seksueel misbruik het en (soos uit sy ondersoek geblyk het) voor dit ook ander skoolseuns.

Breytenbach, wat ná sy onderwysloopbaan onder meer onderwysverslaggewer en nuusredakteur by Die Burger was en later ook senior bestuursposte by Media24 beklee het, het sy digitale bemarkingsonderneming Lightspeed Digital Media in die dae ná die podsending gesluit. Hy het ook sy sosialemedia-voetspore, wat insluit sy Twitter-, Facebook-, Instagram- en Linkedin-rekeninge, uitgevee en sy selfoon afgeskakel.

Breytenbach het gesond gelyk toe News24 Donderdag omstreeks 20:30 aan sy ma se huis se deur geklop het, ondanks gerugte dat hy die naweek in die hospitaal opgeneem is.

Meer oor:  Willem Breytenbach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.