Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Minister gryp in ná skokvideo's uit tronk

Durban se berugte Westville-gevangenis word op hoë vlak bekyk nadat video’s na vore gekom het van ’n moordenaar wat dwelms gebruik en amptenare wat gevangenes bewapen vir gevegte.

“Ons het ’n voorlopige verslag ontvang, maar ons is nie bereid om nou hierop kommentaar te lewer nie,” het Chrispin Phiri, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, Dinsdag gesê. Hy het gesê daar sal Vrydag kommentaar gelewer word.

In een video snuif die moordenaar Ruwain Meer wat lyk na kokaïen. Hy dans terwyl die video na ’n mede-gevangene skuif.

Meer dien twee lewenslange vonnisse uit vir die moord op die sakeman Zainool Fakir (32) van Chatsworth en sy neef Akbar Sudhoona (27).

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, wil weet waar die amptenare tydens die voorvalle was en of dissiplinêre stappe teen hulle gedoen is, sê Phiri.

Lamola wil ook weet of ’n klag teen Meer ingedien oor die besit van en handel in dwelms.

“Die verslag moet beskikbaar gestel word sodra dit prakties moontlik is. Ons is nie ’n wettelose staat nie. Daarby kan instellings wat bedoel is om gevangenes te rehabiliteer, nie wetteloos wees nie,” het Lamola gesê.

"Hy het gesê daar is “geen plek in ons samelewing” vir amptenare in kritieke instellings soos die departement van korrektiewe dienste wat geen agting vir die wet het nie.

"Indien in die ondersoek bevind word dat ’n oortreding van enige beleid en wetgewing plaasgevind het, sal daar ernstige gevolge vir die betrokke persone wees.

"Ons samelewing eis die hoogste vlak van dissipline en aanspreeklikheid van die strafregstelsel as ’n geheel,” het Lamola gesê.

Meer oor:  Ronald Lamola  |  Durban  |  Wapens  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.