Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Tazz oplaas uit modderbank getrek

’n Vrou van Simonstad sit langs die pad en wag dat haar motor onder ’n berg modder uitgegrawe word.

Marion Konemann was Vrydagoggend beslis op die verkeerde plek op die verkeerde tyd toe ’n groot waterpyp in die bergagtige gebied bokant Simonstad en Glencairn gebars en dit ’n sand- en modderstorting veroorsaak het.

’n Bus van Golden Arrow, ’n Land Rover en Konemann se Toyota Tazz is deur die modder en sand oorspoel.

Konemann, wat ietwat senuagtig giggel terwyl sy langs die pad staan, sê sy het gedink sy sal deur die modder ry, maar toe sit sy vas.

“Mens kan glad nie eers my motor sien nie. En ek het nou net drie nuwe bande opgesit,” sê Konemann.

Sy sê dat sy nie gewoonlik sulke vreemde dinge oorkom soos om haar motor in ’n hoop sand te verloor nie.

En ja, sy sê haar motor is nou vir eers modderkleurig.

Teen laatoggend is daar met ’n stootskraper probeer om die gemors skoon te kry.

Die verkeersdepartement het die pad vir eers gesluit totdat dit opgeruim is.

Die toneel Vrydagoggend buite Simonstad waar ’n pyp gebars en sand en modder oor die pad gespoel het. Foto: Jaco Marais
’n Golden Arrow-bus wat in die modder en sand vassit. Foto: Jaco Marais
Dié Land Rover wat aan John Hayman behoort gaan meer as viertrek-krag nodig hê om hier uit te kom. Foto: Jaco Marais
Hoewel mens dit nie hier kan sien nie, is die Toyota Tazz van Marion Konemann ook onder die sand en modder. Foto: Jaco Marais
See en sand en ’n groot gemors Vrydagoggend buite Simonstad. Foto: Jaco Marais
Op dié foto kan mens nog die Tazz sien voordat dit later heeltemal toe was onder die modder. Foto: Kaapse Metroraad

16:45

Die Tazz is na ‘n urelange gesukkel so teen 14:45 onder die sand uitgegrawe. Konemann het egter in haar poging om van die sandstorting weg te kom die deur oopgelos en die voertuig was binne tot bokant die sitplekke toe van die sand.

Nadat van die sand weggeskraap is, kon die Land Rover deur die eienaar aangeskakel word.

Albei voertuie moes egter deur 'n insleepdiens verwyder word.

Daar is ook vir lank probeer om die bus uit te sleep, maar die bus het uitmekaar getrek elke keer as daar begin is om dit uit die sand te sleep.

tazz
Die Tazz is na etlike ure onder die modder gevind.


Meer oor:  Simonstad  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.