Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Msimanga verbrand hope rekeninge vir e-tol

“Hulle kan my maar kom aankeer, maar Gauteng se inwoners gaan nie meer verder misdadigers gemaak word deur ’n ongevraagde stelsel nie”.

Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat, het Donderdag hope rekeninge vir agterstallige e-tol voor Sanral se hoofkantoor in Rooihuiskraal in Centurion, Pretoria, verbrand.

Volgens Msimanga het die DA hordes sulke rekeninge van oorbelaste inwoners in Gauteng ontvang wat dit nie kan bekostig om e-tol te betaal nie. Sy eie e-tol-rekening was meer as R20 000. Hy het dit eerste onder luide toejuiging van die skare verbrand.

Msimanga sê Sanral se besluit om vir eers nie hul agterstallige e-tolskuld in te vorder nie, is nie genoeg nie.

“Die DA sê dit is nie genoeg nie . . . Sanral en die mislukte ANC-regering moet besef e-tol werk nie en dat dit geskrap moet word,” sê Msimanga.

Hy sê inwoners is vuisvoos betaal aan Eskom- en brandstofrekeninge.

“Waar gaan die mense enige verligting vind? Die regering is besig om mense dood te belas.”

Solly Msimanga, DA-premierskandidaat vir Gauteng, stook ’n vuur wat DA-ondersteuners Donderdag voor die kantoor van Sanral in Pretoria gemaak het om hordes onbetaalde rekeninge vir e-tol te verbrand.Foto: Isabel Venter
Agterstallige e-tolrekeninge word verband.Foto: Isabel Venter

Meer oor:  Solly Msimanga  |  E-Tol  |  Sanral
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.