Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Net 16 van boer se 500 ha oor ná brande

Stefan Ferreira, ’n boer van die Ottosdal-omgewing in Noordwes, het net 16 ha van sy 500 ha weigrond oor nadat ’n wegholbrand 3 500 ha in dié omgewing vernietig het.

Dié brand was een van ’n paar wat sedert Maandag verwoesting in die omgewing van Bloemhof, Christiana, Schweizer-Reneke, Amalia en Reivilo gesaai het.

Agri Noordwes is nog besig om die omvang van die skade, asook die verlies aan weiding, infrastruktuur en vee te bepaal, het Boeta du Toit, uitvoerende hoofbestuurder van Agri Noordwes, Donderdagmiddag gesê.

Op Stefan Ferreira se plaas Holfontein in die Ottosdal-omgewing het net 16 ha van sy 500 ha weigrond oorgebly ná die verwoestende brand. Foto: Verskaf

“Die brande hier was nie so erg soos dié in die Vrystaat nie en waarskynlik onverwant. Van die brande het moontlik per ongeluk ontstaan, maar brandstigting kan nie uitgesluit word nie. Hierdie tyd van die jaar is daar ’n hoë risiko vir brande weens die hitte, droë gras, sterk wind en weerlig wat ook brande kan veroorsaak.”

Ferreira se plaas, sowat 15 km buite Ottosdal, is een van ’n paar wat in die verwoestende golf van vlamme beland het nadat booswigte vermoedelik Maandagnag ’n brand op een van die plase in die omgewing gestig het.

“Ons boere het hard baklei teen die brand, maar die sterk wind het dit vinnig laat versprei.”

Die vlamme het oor paaie gespring. Plaaslike brandweerdienste en die boere het die vuur eers laat Woensdagmiddag gestuit. Ferreira sê hy kon daarin slaag om sy vee betyds in ’n stoor in te jaag.

“Omtrent tien bakkies (met vuurvegters) het rondom ons huis getrek en ’n grasdak natgespuit. Ons huis is gered, ons is oorweldig deur hulp van ander boere wat voer skenk of weiding beskikbaar stel.”

Die bande van Stefan Ferreira se implemente het ook onherstelbaar gebrand. Foto: Verskaf
So lyk die bande van Stefan Ferreira se implemente ná die vernietigende brand in die Ottosdal-omgewing. Foto: Verskaf
So het die brand vir byna twee dae in die Ottosdal-omgewing gewoed terwyl sterk wind dit aangedryf het. Foto: Verskaf
Boere het dag en nag gesukkel om die brand wat vinnig in die Ottosdal-omgewing versprei het, te blus. Foto: Verskaf

Ferreira, ’n vee- en saaiboer, raam sy onmiddellike skade aan implemente se bande, asook ander infrastruktuur wat gebrand het, op sowat R50 000. Die langtermynverliese weens die brand kan egter etlike honderdduisende rand beloop. “Al reën dit binnekort sal die gehalte van die nuwe weiding nie dieselfde wees nie. Dit gaan jare neem om te herstel. Ek het van my vee nou na huurgrond met weiding geskuif. Van my bure het ook niks weiding oor ná die brand nie, hul wild het seergekry en sleepwaens het uitgebrand.”

Frans Hugo van die Ottosdal-veiligheidsgroep, sê 3500 ha is vernietig in die brand wat vir sowat 36 uur gewoed het. “Omtrent 30 stuks wild, vyf boerbokke en 20 beeste het óf in die vuur gevrek of moes van kant gemaak word. Koeie loop rond en bulk op soek na hul kalfies. Twee mense is beseer toe ’n bakkie en vragmotor in die digte rook gebots het.”

Du Toit van Agri Noordwes sê nadat die omvang van die skade weens al die verskillende brande bepaal is, sal die organisasie soos altyd hulpverlening van verskillende instansies en mense koördineer om die beste aanwending van skenkings, asook die regverdige verdeling daarvan, te verseker.

“Ons kry ook diesel van die provinsiale regering om te help met die verspreiding van hulp, maar hulpverlening is andersins hoofsaaklik danksy die ongelooflike en verblydende reaksie van mense. Dit beklemtoon die belangrikheid van ’n selfhelpbenadering, want die regering se wiele rol te stadig.”

• Bel Naudé Pienaar, adjunkhoofbestuurder van Agri Noordwes op 082 776 8283 om hulp te verleen.

Meer oor:  Noordwes  |  Brand  |  Veldbrande  |  Boer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.