Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Nog ’n bakleiery in ‘Hugo’-styl op sosiale media

’n Video-opname van ’n agtertangse bakleiery tussen twee vroue en onsmaaklike vloekwoorde wat die aanvaller gebruik om die tweede vrou se vermeende saamslapery met haar man te beskryf, is die jongste smerige sensasie wat op sosiale media versprei word.

Die rustige plattelandse omgewing word erg versteur deur die smerige bakleiery. Foto: Skermgreep

In dié geval is dit, soos in “Hugo, bel die polisie”-faam, ook mense wat Afrikaans praat en mekaar toesnou terwyl ’n bakleiery aangaan.

Dit blyk dat die mense van die Gansbaai-omgewing is.

In die opname van twee minute sien ’n mens ’n agterplaas in ’n plattelandse omgewing en ’n vrou met ’n knoop-en-doop-hemp, stywe broek en ’n gekleurde bos rooi hare wat nader kom.

Sy gryp ’n ander, maerder vrou met ’n pienk T-hemp aan haar hare en pluk haar rond. ’n Stem van ’n derde persoon, die man wat die video-opname maak, kan ook gehoor word.

“Hiersô, los uit die vroumens. Wat is dit met jou?” hoor jy die man aan die begin sê terwyl hy die debakel afneem.

Die vrou sê: “Wys, wys,” en trek dan die slagoffer so erg aan haar hare dat sy op die grond neerval.

Jy sien ’n swart Corsa-bakkie in die agtergrond en op die voorgrond die vroue wat stoei.

“Die vrou wou nie een van my man se members gewees het, deel van my klub gewees het nie. Maar sy wil my man f***** n***. Op my f***** property,” sê die vrou terwyl sy in die rigting van die man wat die opname maak kyk.

Die vrou val dan self op die grond en die man agter die lens sê: “Nee, jy het nie nodig om dit te doen nie.” Hierop vra die vrou wat sy dan nou moet doen.

Die man en die vrou verwys in hul verdere woordewisseling weer na die woord “member” en die man sê: “Sy is net so ’n member soos wat jy is.”

Die een vrou takel die ander een toe waar sy op die grond sit. Foto: Skermgreep

Die vrou klap dan die slagoffer en sê dit is haar eiendom. Die man wat die opname maak sê: “Dit is reg, Charmaine. Ten minste gaan jy dan ’n saak kan maak.”

Die vrou gaan voort met haar aanranding. Die man gaan voort met die opname maar help nie die slagoffer nie.

Die bakleiery raak erger met die een vrou wat sê: “Klim op jou bike en p*** off.” Sy skop die slagoffer wat steeds op die grond sit.

Die slagoffer sê uiteindelik “oukei”, waarna ’n tweede man op die toneel verskyn. Hy het lang grys hare en ’n stywe wit kortbroek aan. Dié man maak of hy die aanvaller toetakel en sê: “Los haar, los haar. Jy soek nou met my ook k**.”

Die opname eindig dan skielik.

Die aanvaller troon bo haar slagoffer uit en sê sy is onwelkom op haar erf. Foto: Skermgreep.

Meer oor:  Hugo  |  Gansbaai  |  Vloekwoorde  |  Sosiale Media  |  Bakleiery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.