SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Nóg ’n tornado tref KZN

Nog ’n tornado het KwaZulu-Natal Donderdag getref.

Jan Vermeulen van die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bevestig dit was ’n tornado wat Bergville vroeg die middag getref het. ’n Video van die tornado is op sosiale media versprei.

Die weerdiens het vroeër Donderdag nog waarskuwings vir KZN uitgereik. “Erge donderstorms met sterk wind, hael en hewige reënbuie wat tot oorstromings kan lei, kom in dele van Uthukela (in die Ladysmith-omgewing) voor, en beweeg ooswaarts.”

Die stormweer in die provinsie het sedert Maandag groot skade aan infrastruktuur aangerig.

Die eerste tornado het New Hanover Dinsdag getref.

Drie mense is tot dusver dood en meer as 20 beseer.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Tornado
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.