Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Nooddiens-2 red reuseluislang op plaas in Limpopo
Arthur Roden, ‘n nooddienswerker van Life24 in Groblersdal in Limpopo, by die rotsluislang wat hy Sondag op ’n plaas in die omgewing gered het.Foto: Verskaf
Die rotsluisslang toe sy Saterdag in ’n waterkanaal in die Groblersdal-distrik in Limpopo gesien is.Foto: Verskaf
Arthur Roden en Mercia Blake van Life24-nooddienswerkers by die luislang wat Sondag op ’n plaas buite Groblersdal in Limpopo gered is.Foto: Verskaf

’n Voorreg.

Dít is hoe twee nooddienswerkers van Groblersdal in Limpopo hul ervaring Sondag – toe hulle ’n reuseluislangwyfie gered het – beskryf.

Mercia Blake en Arthur Roden van Life24-private nooddienste in Groblersdal by die luislang.Foto: Verskaf
Arthur Roden, ’n nooddienswerker van Life24 in Groblersdal, by die luislang wat hy Sondag van ’n gewisse dood gered het omdat die gemeenskap haar wou vrek maak. Foto: Verskaf
Werknemers by die Johannesburg Widlife-hospitaal versorg die reuseluislangwyfie wat Sondag op ’n plaas buite Groblersdal in Limpopo gered is.Foto: Verskaf
Ava, die luislangwyfie, van naderby. Foto: Verskaf

Mercia Blake en Arthur Roden van die private Life24-nooddienste het die 4,5 m lange luislang Sondag van ’n gewisse dood gered omdat die gemeenskap die slang wou vrek maak.

Roden is ook lid van die National Council of South African Reptile Rescue Units en is al langer as 20 jaar ’n slangvanger.

Hy is Sondagoggend deur ’n hoenderboer in die Groblersdal-distrik gebel wat gesê het hulle het die luislang Saterdag in ’n waterkanaal op die plaas gesien. Die slang was Sondagoggend nie meer op die plek waar die boer haar gesien het nie.

“So drie uur later het ek nóg ’n oproep gekry van ’n ander man wat die slang ’n ent verder langs die waterkanaal gesien het,” sê Roden.

Hy is na die plaas waar die slang tussen droë takke, riete en gras opgekrul gelê het.

“Ek was glad nie bang nie omdat ek al voorheen luislange gevang het,” sê Roden.

Hy het die slang eers aan haar stert, waarvan die punt vroeër afgekap is, beetgekry en uit die riete gesleep.

Omstanders het geskreeu toe hulle sien hoe groot die slang is. Die slang het met haar bek wyd oopgesper haar lyf gewriemel en ’n paar keer probeer terugseil na die riete.

KYK hier:


Roden het die slang agter haar kop beetgekry toe sy vir die soveelste keer probeer wegseil.

Die slang het ’n klein sny opgedoen terwyl sy vroeër deur die water in die kanaal afgevoer is.

“Ek het lanklaas so ’n swaar luislang gesien. Sy weeg meer as 50 kg,” sê Roden.

Nadat hy die slang gevang het, het hy met die slang na Blake toe gery en sy het die snyplek met drie steke geheg. Die sny en ander kleiner skrape is ontsmet.

Die Johannesburg Widlife-hospitaal het “operasie slangvang” op Facebook gesien en het Maandagoggend met die nodige permitte na Grobersdal gery om die slang by Roden te gaan haal.

Karin Lourens van die Johannesburg Widlife-hospitaal het Maandag die slang “Ava” gedoop.

Roden sê die slang is in ’n goeie toestand en sal moontlik volgende week in die Loskopdam-wildreservaat vrygelaat word. Hy sê daar word vermoed dat die luislang oorspronklik uit die reservaat kom en daar in die waterkanaal beland het.

Meer oor:  Limpopo  |  Slang  |  Plaas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.