Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Nzimande gespot ná sy ‘bloed-blaps’

Alkohol in jou bloed of bloed in jou alkohol? Hopelik nie laasgenoemde nie en hopelik nie weens die langnaweek nie...

Blade Nzimande

’n Video van dr. Blade Nzimande, minister van vervoer, se blaps regstreeks op SABC News versprei soos ’n veldbrand op sosiale media.

Dié video waarin Nzimande sy woorde deurmekaar kry en sê daar is bloed in jou alkohol, het Suid-Afrikaners behoorlik aan die giggel.

Nzimande probeer verduidelik dat Paasbolletjies nie as ’n geldige verskoning vir dronkbestuur dié Paasnaweek gebruik kan word nie.

Hy verwys na beeldmateriaal waarin ’n verkeersbeampte ’n paar happies van Paasbolletjies neem en daarna met ’n asemtoets ’n positiewe alkohol-lesing gekry het.

In die onderhoud met die SAUK het hy gesê ’n nuwe toets sal ’n meer akkurate alkohol-lesing gee.

Maar pleks van om te verwys na die “alkohol in jou bloed,” het Nzimande gesê: “bloed in jou alkohol.”

Internetgebruikers het daarna nie op hulle laat wag nie.

Pootie Tang skerts iemand moes net daar en dan Nzimande self laat blaas het.

Meer oor:  Blade Nzimande  |  Padsterftes  |  Paasverkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.