Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
LUR woedend oor brand by onderwys-kantoor

10:00: News24 berig Kwazi Mshengu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, het die voorval as 'n "brandstigtingsaanval" bestempel en dit ten sterkste veroordeel.

Volgens die departement is belangrike administratiewe dokumente, rekenaars en ander toerusting vernietig.

"Dit is 'n skande dat misdadigers onderwysinfrastruktuur teiken, infrastruktuur wat onskatbare waarde tot die gemeenskap toevoeg en ons jong mense se kanse in die lewe verbeter.

"Dit gaan verseker vertragings in die kurriculum tot gevolg hê," së Mshengu.

Niemand is in die brand beseer nie.


'n Distrikskantoor van die onderwysdepartement in Pietermaritzburg was vroeg Donderdagoggend in ligte laaie.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die nasionale onderwysdepartement, het 'n video van die brand getwiet. Dit wil voorkom asof die boonste verdieping van die drie-verdieping-gebou in vlamme gehul is.

"Die uMgungundlovu-distrikskantoor in Pietermaritzburg is aan die brand," lui Mhlanga se twiet.

Muzi Mahlambi, woordvoerder vir onderwys in KwaZulu-Natal, het by navraag gesê hy is omstreeks 05:15 deur die distrikshoof in kennis gestel dat die gebou in Jabu Ndlovustraat brand.

"Die brandweer is op die toneel."

Teen 07:45 het dit gelyk of die ergste vlamme geblus is.

Meer oor:  Kzn  |  Pietermaritzburg  |  Brand  |  Gebou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.