Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: ‘Ons sál uitvind hoekom seun dood is’ – Lesufi

“Suid-Afrikaanse skole moet nie lokvalle van die dood word nie,” het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, Saterdag by die gedenkdiens van Keamohetswe Seboko (13) in Soweto gesê.

Hy het belowe om uit te vind presies wat tot Keamohetswe se dood gelei het.

Die gedenkdiens was by die Eldocrest Primary School in Eldoradopark.

“Ons sal aanhou delf, selfs al moet ons grawe met ons hande. Ons wil weet hoekom Komo weg is. Mense wat moontlik verantwoordelik is vir sy dood, moet weet hulle kan hardloop en hulle kan wegkruip, maar die Een tot wie ons daagliks bid, sal ons wys wie hulle is,” sê Lesufi.

Seboko het Woensdag oënskynlik in ’n swembad by die Laerskool Bekker se koshuis in Magaliesburg verdrink.

Die dood van dié leerling volg kort nadat Enock Mpianzi (13), ’n gr. 8-leerling aan die Parktown Boys’ High School in Johannesburg, verlede Vrydag op ’n oriënteringskamp verdrink het.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, wag by die Eldocrest Primary School saam met ander roubeklaers vir die doodskis van Keamohetswe Seboko om ingedra te word. Foto: Bonolo Selebano

Mandisa Mashego, Gautengse EFF-leier, het ook die gedenkdiens bygewoon.

Lesufi het gesê die laaste twee weke was moeilik en pynlik. “Pleks dat ons ons kinders wys hoe om sukses te behaal in die lewe, leer ons hulle nou hoe om die dood te aanvaar,” sê Lesufi.

Lesufi het Vrydagoggend die twee seuns se families besoek om sy medelye te betoon en om hulle op die hoogte van die onderskeie ondersoeke te hou.

Hy sê die voorlopige verslag oor die ondersoek na Keamohetswe se dood is byna afgehandel en hy het die familie verseker dat daar opgetree sal word.

“Ons het die voorlopige bevindinge oor sommige van die kwessies afgehandel. Ons het die familie ingelig oor ons planne sodat ons dié pynlike hoofstuk kan afsluit. Die familie moet die waarheid weet,” sê Lesufi.

’n Groot foto van Keamohetswe het voor by die kis gestaan. Foto: Bonolo Selebano

Meer oor:  Laerskool Bekker  |  Panyaza Lesufi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.