Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Oomblik toe bakkie seun tref: ‘Pa, ek leef’

“Pa, ek lewe.”

Met dié woorde het Jason Pieters (22), wat vroeër ernstig in ’n motorfietsongeluk beseer is, Maandagaand sy pa vanuit sy hospitaalbed in die hoësorgeenheid van die Pelonomi-hospitaal gegroet.

Die jong werktuigkundige is Saterdagoggend omstreeks 01:20 deur ’n bakkie getref terwyl hy doodluiters by ’n verkeerslig op die hoek van Zastronstraat en Eerstelaan in Bloemfontein gestaan het.

In die video, wat sedertdien wyd op sosiale media gedeel word, kan gesien word hoe Jason by ’n rooi verkeerslig wag toe ’n wit bakkie teen ’n hoë spoed hom tref.

Enkele sekondes later trek die jong man deur die lug terwyl sy valhelm enkele meters verder beland. Die bakkie het meters verder tot stilstand kom.

’n Erg emosionele Johan Pieters, Jason se pa, sê dit is ’n wonderwerk dat sy seun die ongeluk oorleef het.

“Sy woorde Maandagaand aan my was dié grootste geskenk ooit. Deur die wondere van die Here het my kind opgestaan.”

Johan Pieters sê hy kon dit amper nie glo toe sy seun Maandagaand met hom uit sy hospitaalbed gepraat het nie. Foto: Mlungisi Louw
’n Erg emosionele Johan Pieters sê dit is ’n wonderwerk dat sy seun nog lewe. Foto: Mlungisi Louw

Hy sê Jason verduur erge pyn nadat hy onder meer kop- en breinbeserings in die voorval opgedoen het.

Volgens Pieters moet Jason se kakebeen geheg word en is sy gesigbeenstruktuur erg in die voorval beskadig, maar hy gesels, staan soms op en herken hulle.

“Daar is wel tye wat dit lyk asof hy afskakel en tye wat hy skielik aan die slaap raak. Maar ons is dankbaar hy lewe.”

Jason Pieters in sy hospitaalbed nadat hy ernstig in ’n ongeluk in Bloemfontein beseer is. Foto: Verskaf

Pieters sê Jason het by sy vriend wat op nagskof was, gekuier en was op pad terug na sy ouerhuis in Bloemspruit toe die ongeluk gebeur het.

Hy sê hy het Saterdagoggend omstreeks 10:00 onrustig geword toe Jason steeds nie tuis was nie en vir sy oudste seun, Ryno, gevra om die polisiekantore en hospitale te bel. Dit is toe dat hulle verneem dat Jason ernstig in ’n motorongeluk beseer is.

Pieters sê hy wil graag elkeen bedank wat sedert die ongeluk hulle ondersteun het.

Sers. Wendy Nkabi, 'n polisiewoordvoerder, sê hulle ondersoek 'n klag van roekelose en nalatige bestuur. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Pelonomi-Hospitaal  |  Bloemfontein  |  Ongeluk  |  Padveiligheid  |  Bakkie  |  Motorfiets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.