Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Oorstromings ná storm in Polokwane
Die parkeerterrein by die Savannah Mall nadat dit oorstroom het. Foto: Verskaf

Polokwane in Limpopo het Saterdagmiddag deurgeloop onder ’n hewige donderstorm wat tot kitsvloede en groot skade gelei het.

Dele van die dorp was ook ’n tyd lank sonder water.

Video’s op sosiale media wys hoe groot massas water by paaie afstroom en voertuie gedeeltelik verswelg.

Gedeeltes van die Savannah Mall en die parkeerterrein het oorstroom en groot dele van die dorp is ook sonder water nadat die Ebenezer-watersuiweringsaanleg weens die storm sonder krag was.

Matshidiso Mothapo, munisipale woordvoerder, sê die aanleg se kragtoevoer is intussen herstel.

Hy kon nie sê presies watter dele van Polokwane en Seshego, buite die stad, geraak is nie. Hy het egter bevestig verskeie voorvalle van bome wat omgeval het, paaie wat oorstroom en huise sonder krag is aangemeld.

Netwerk24 verneem dat dit baie gereën het in die woongebiede Faunapark en Florapark.

“Nooddienste is ontbied om die probleme op te los. Hulle sal op ’n gereedheidsgrondslag bly,” het Mothapo gesê.

Volgens hom is geen voorvalle aangemeld van mense wie se lewe in gevaar is nie.

Juan Potgieter, mede-eienaar van Bakery & Co in die Savanna Mall, sê dit het omstreeks 13:00 hard begin reën en hael.

“Die volgende oomblik het ’n stroom water by die winkelsentrum ingestroom. Dit het oor die middelste vloer geloop en afgeloop tot op die onderste vloer,” het hy gesê.

Die onderste verdieping van die Savannah Mall nadat dit oorstroom het. Foto: Verskaf

Verskeie ondernemings het sandsakke voor die ingang gepak om vloedskade te beperk. Potgieter sê die meeste ondernemings het met onder meer moppe ingespring om die water by die winkelsentrum uit te kry.

Volgens hom het sommige mense ondanks die oorstroming in ligte luime gebly.

“Die een vrou het sommer in haar plakkies in die water rondgeloop en by ’n winkel ’n koffie bestel,” het Potgieter gesê.

Dit is die tweede keer in twee weke dat die winkelsentrum oorstroom. Potgieter sê dit kan toegeskryf woord aan dreine wat verstop is, iets waarvoor die munisipaliteit verantwoordelik is.

Meer oor:  Polokwane  |  Storms  |  Oorstromings  |  Reën
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.